Datum Gepubliseer: 25 Februarie 2021
- Wees aktief in jou werk soektog
- Kry jou voet in die deur
- Studeer ‘n kursus
- Leer ‘n skaars vaardigheid
- Moenie jou CV te veel uitstuur nie
- Verlaag jou verwagtinge
- Werk hard en moenie opgee nie
Hier is 7 maniere om jou te help ‘n werk soek:
Stap 1: Wees aktief in jou werk soektog
Wanneer jy opsoek is na ‘n werk, moet jy aktief wees met die soektog. Staan vroeg op en trek aan asof jy gaan werk.
Jy moet jou werk soektog soos ‘n beroep op sy eie hanteer, op hierdie manier sal jy meer suksesvol wees.
Stap 2: Kry jou voet in die deur
Baie suksesvolle mense moes onder begin en hul pad op werk. As jy eers jou voet in die deur het, sal jy blootgestel word aan baie meer geleenthede.
Stap 3: Studeer in ‘n kursus
Die Hoof uitvoerende beampte van Matriek Kollege, Jan Badenhorst verklaar dat indien jy in ‘n kursus studeer bewys dit aan jou voornemende werkgewers dat jy gedetermineerd is.
As jy studeer wys dit ook dat jy jou loopbaan bestuur. Hier is ‘n verskeidenheid van kursusse wat jy kan studeer.
Indien jy dit nie kan bekostig om te studeer nie, kan jy kursusse gratis aanlyn doen.
Stap 4: Leer ‘n skaars vaardigheid
Deur ‘n skaars vaardigheid te leer, sal jy toegang kry tot baie werksgeleenthede. Werkgewers is altyd opsoek na individuele met skaars vaardighede.
Hier is ‘n lys van skaars vaardighede in vandag se beroep mark:
- Finansiële Rekenmeester
- Boekhouding
- Ingenieurswese
- IT en Sagteware-ontwikkeling
- Besigheid Bestuur
- Ekonomie
- Bemarking Bestuur
Stap 5: Moenie jou CV te veel uitstuur nie
Deur jou CV 100 keer uit te stuur, gaan nie vir jou ‘n werk verseker nie. Jy moet jou CV aanpas vir elke werksgeleentheid. Maak seker jy sluit jou vaardighede in wat relevant vir die werk is.
Gebruik jou netwerk om ‘n werk te kry. Indien jy nie ‘n netwerk het nie, maak een. Dit is baie belangrik om kontak te maak met professionele mense in jou loopbaan veld. Moenie skaam wees nie, kry die woord daar buite!
Stap 6: Verlaag jou verwagtinge
Jou kwalifikasie gaan nie vir jou ‘n senior posisie waarborg nie. Jy moet bereid wees om die ondervinding te kry in ‘n junior posisie.
Stap 7: Werk hard en moenie opgee nie
Dit is baie moeilik om in vandag se tyd ‘n werk te kry. Werk hard en moenie opgee nie, al raak dinge moeilik.
Outeur: Omega Fumba
Vertaler: Michelle Faddel