Kies jou graad 10 vakke

Datum Gepubliseer: 3 Maart 2021

  • Die vakke wat jy in graad 10 kies is baie belangrik omdat dit jou op jou loopbaan pad plaas
  • Ontdek beroep velde
  • Oorweeg verdere onderrig
  • Wat is die maklikste vak in die hoërskool?
  • Hoe kan leerders advies kry op vakkeuses en beroep opsies
  • Watter rol kan jou ouers speel?

Hoekom is dit belangrik om die regte vakke in graad 10 te kies?

Die vakke wat jy in graad 10 kies is belangrik omdat dit jou op jou loopbaan pad plaas.

Indien jy ingestel is op ‘n spesifieke loopbaan, moet jy navorsing gaan doen oor die vakke wat jy nodig sal hê vir jou spesifieke loopbaan.

Ontdek beroep velde

Voordat jy jou graad 10 vakke kies, moet jy eers verskillende beroep velde ondersoek.  Jy kan dit doen deur met mense te gesels in verskillende beroep velde en selfs konsulteer met ‘n loopbaan spesialis.

Oorweeg verdere onderrig

Een van die mees belangrike faktore om jou vakke te kies, is dat jy moet gaan dink hoe jou vakkeuses jou na hoërskool sal beïnvloed.   

Dink daaraan of jou vakkeuses jou toelating tot ‘n universiteit of kollege gaan gee.  Jy sal ook navorsing moet doen oor universiteite of kolleges se toelatingsvereistes.

Byvoorbeeld, om in aanmerking te kom vir ‘n B.Com.-graad, sal die meeste instellings vereis dat jy ten minste tussen 50% of 60% kry in wiskunde.

Indien jy dit nie oorweeg om universiteit toe te gaan nie, bied Matriek Kollege jou ‘n wye verskeidenheid kursusse aan, wat jy kan studeer met of sonder matriek.

Wat is die maklikste vak in die hoërskool?

Daar is geen manier om die maklikste vak te identifiseer nie.  Ons almal verskil, elk met hul eie belangstellings en gawes.  Een leerder mag dalk dink dat wiskunde ‘n maklike vak is, terwyl ‘n ander leerder dit moeilik mag vind.

Hoe kan leerders advies kry op vak keuses en beroep opsies?

In Januarie 2011 het die Suid Afrikaanse Kwalifikasie-owerheid (SAQA) saam met die departemente vir hoër onderwys en opleiding en basiese onderwys die NQF en loopbaan advies diens geloods.  

Hierdie loopbaan advies diens het ‘n webtuiste, ‘n hulplyn vir loopbaan advies en leidings materiaal.  

Die diens het ten volle gekwalifiseerde loopbaan adviseurs wat loopbaaninligting, leiding en advies verskaf.

Hier is hoe jy ‘n beroep adviseur kan kontak:

Hier is ‘n beroep vasvra om jou te help ‘n beroep kies, wat by jou pas.

Watter rol kan jou ouers speel?

Die Departement van Basiese Onderwys het wenke gedeel hoe ouers hulle kinders kan help om die regte vakke te kies.

  • Ouers kan loopbaan opsies met hul kinders bespreek om hulle te help om ‘n besluit te maak.
  • Ouers kan hulle kinders help informasie kry oor verskillende beroepe.  Hierdie informasie moet die nodige vakke aandui en die hoogste graad wat die leerder moet slaag.
  • Ouers kan hul kinders help ‘n keuse maak, afhangende van die kind se belangstellings.
  • Ouers kan die skool beheerliggaam nader om die skool te vra om inligting in te samel oor verdere studie opsies en loopbane van die Distrik-, Provinsie- of VOO-kolleges en/of universiteite.

Outeur: Omega Fumba 
Vertaler:  Michelle Faddel