Datum Gepubliseer:12 Februarie 2021
- Wat is Volwasse Matriek?
- Aansoek vereistes
- Hoe lank neem dit om Volwasse matriek te behaal?
- Kan ek aansoek doen op die ouderdom van 19?
Wat is Volwasse Matriek?
Volwasse Matriek, ook bekend as Aangepaste Nasionale Senior Sertifikaat, is ‘n matriek kursus vir mense ouer as 21, wat graad 9 voltooi het.
Aansoek vereistes
Om te kwalifiseer vir Volwasse Matriek moet jy aan die volgende kwalifikasies voldoen:
- Jy moet ouer wees as 21
- Jy moet ‘n graad 9 sertifikaat of ‘n kwalifikasie gelykstaande aan ‘n graad 9 sertifikaat hê.
Hoe lank neem dit om Volwasse Matriek te behaal?
Volwasse Matriek is ‘n 3-jaar, voltydse kursus. Volwasse Matriek dek alle werk vanaf graad 10 tot matriek.
Leer meer hier oor Volwasse Matriek.
Kan ek aansoek doen op die ouderdom van 19?
Jy kan aansoek doen vir Volwasse Matriek op die ouderdom van 19, alhoewel jy eers jou eksamen kan skryf op die ouderdom van 21. Dit werk so:
- Registreer nou vir Volwasse Matriek
- Begin studeer in jou eerste vakke
- Raak 20 teen die einde van April 2021
- Gebruik die res van die jaar om te studeer
- Registreer vir jou eerste eksamens – Eksamen registrasie word in November/Desember 2021 gedoen
- Begin voorberei vir jou eerste eksamen!
- Raak 21 jaar oud teen April 2022
Kan ek matriek aanlyn studeer?
Ja, jy kan!
Klik hier vir meer inligting.
Outeur: Omega Fumba
Vertaler: Michelle Faddel