Datum Gepubliseer: 8 Februarie 2021
- Stel ‘n rooster op
- Rig ‘n studeer spasie in
- Maak seker jy het al die nodige sagte ware
- Maak kontak met ander studente
- Vermy afleidings
Afstandonderrig is ‘n goeie manier om verder te leer. Jy kry die geleentheid om by hou eie huis of enige plek van jou keuse, te studeer. Hier is 5 fantastiese wenke vir effektiewe afstandonderrig.
Stel ‘n rooster op
Om ‘n balans te vind tussen werk, studies en ander verantwoordelikhede kan nogal uitdagend wees. ‘n Rooster sal jou help om georganiseerd te bly.
Jy kan dit oorweeg om ‘n kleurkode – rooster op te stel om verskillende daaglikse take te skeduleer. ‘n Rooster sal jou nie net help om effektief te studeer nie, maar ook belangrike vaardighede leer soos tydbestuur en organisatoriese self-dissipline.
Klik hier vir meer inligting hoe om ‘n studie rooster op te stel.
Rig ‘n studie spasie in
Dit is baie belangrik om ‘n toegewyde studie spasie vir jouself te skep vir afstandonderrig. Jy mag dalk nie in ‘n groot huis woon nie, maar selfs ‘n klein studie area in jou kamer sal doeltreffend wees.
Maak seker jy het al die nodige sagte ware
Indien jy by jou huis studeer is goeie internet verbinding en ‘n betroubare toestel baie belangrik. Jy moet hulpbronne aflaai, deelneem in aanlyn sessies en klasse asook werkopdragte indien.
Maak kontak met ander studente
Wanneer jy met afstandonderrig studeer, beteken nie dat jy op jou eie is nie. Die internet is ‘n wonderlike hulpmiddel wat jou die geleentheid gee om met ander studente te in verbinding te tree.
Jy kan met ander studente ‘n studie groep begin, waar julle mekaar kan help met onderwerpe wat julle nie verstaan nie. Julle kan selfs studie notas en idees uitruil.
Vermy afleidings
Sosiale media, “TV’ en video speletjies, hierdie is maar net ‘n paar voorbeelde van daaglikse afleidings. Gedurende studie tyd, moet jy probeer wegbly van enige iets wat jou aandag kan aftrek van jou studies.
Afstandonderrig met Matriek Kollege
Matriek Kollege bied studente die beste ondersteuning aan tydens hul studies. Hier is waarom jy dit moet oorweeg om deur Matriek Kollege te studeer:
- Studeer in die gerief van jou eie huis
- Jy het ‘n verskeidenheid van kursusse om van te kies
- Aanlyn ondersteuning is beskikbaar vir ons studente
- Daar is ‘n verskeidenheid van kursusse wat jy kan studeer sonder matriek
- Matriek Kollege het al duisende studente gehelp om hul matriek te behaal
Outeur: Omega Fumba
Vertaler: Michelle Faddel