Nuwe CAPS vakke: Landbouwetenskap

Datum Gepubliseer: 23 April 2021

Angie Motshekga, die Minister van Onderwys het bekend gemaak dat daar 13 nuwe vakke bygevoeg gaan word in die CAPS kurrikulum. 

Hier is alles wat jy moet weet oor die nuwe vak, Landbouwetenskap.

  • Die voordele 
  • Waaroor gaan Landbouwetenskap? 
  • Onderwerpe wat behandel sal word
  • Doelwitte
  • Tyd Toekenning 
  • Inhoud Oorsig

Die voordele van die nuwe bygevoegde vakke

Die 13 nuwe vakke sal graad 8 en 9 leerders voorberei vir ‘n spesifieke beroep of loopbaan, sou hulle skool verlaat voor matriek.  Met Landbouwetenskap, sal leerders  vaardig genoeg wees om in die landbou industrie te begin werk.

Indien leerders hul matriek voltooi, sal hulle die nodige vaardighede hê om verdere tersiêre opleiding in die Landbou -studierigting te volg. 

Waaroor gaan Landbouwetenskap?

Landbouwetenskap fokus op die produksie prosesse, boerdery en ander elemente van landbou.  Dit sluit in die prosesse van alle landbou sektore, van die begin tot die einde. 

Hierdie onderwerp bespreek ook die aard van landbou besigheid, wetenskap, tegnologie en ingenieurswese.

Onderwerpe wat behandel sal word

Die volgende onderwerpe sal behandel word in Landbouwetenskappe Studies:

  • Algemene Boerdery / Gereedskap en Toerusting / Veiligheid en Kommunikasie:   Om die beginsels te verstaan van boerdery, bewaring, instandhouding van toerusting, veiligheid en alternatiewe energie bronne.
  • Plant Produksie en Tuinbou, Grond en Bewaring:  Uitbreiding op grond as produksie medium, grondbewerking, plantegroei, plae en siektes, besproeiing en tuinmaak. 
  • Dierproduksie:  Die ekonomiese belang daarvan, diere bestuur en diere gedrag.
  • Besigheid / Entrepreneurskap / Waardetoevoeging en verwerking:  Leer oor landbou- entrepreneurskap, inkomste en uitgawes, oes, berging, verwerking, waardetoevoeging en verpakking.

Doelwitte

Hierdie vak is by die nuwe CAPS kurrikulum gevoeg om die basiese landbou kennis en vaardighede aan leerders te bied. 

Dit sal leerders help wat die landbou bedryf wil beoefen, en hulle ‘n beter begrip gee van waar produkte en verbruikersgoedere vandaan kom. 

Dit sal ook skoolverlaters ‘n geleentheid gee om werk te kry in die landboubedryf en sodoende ‘n loopbaan na hul graad-9 skooljaar te bou.

Tyd Toekenning

In ‘n 5-dag siklus, moet daar 2 ure aan hierdie vak gewy word om alle inligting deur te gee en die lesse te voltooi. 

Inhoud Oorsig

Vir meer inligting oor die inhoud oorsig, klik hier: Landbouwetenskap

Outeur:  Andrea Frisby
Vertaler:  Michelle Faddel