Wat Is Vaardigheid Stapeling?

Datum Gepubliseer: 20 Mei 2021

  • Vaardigheid Stapeling is die kombinasie van al jou vaardighede.
  • Vaardigheid Stapeling word gedoen sodat jy jou vaardighede kan bevorder omdat hulle mekaar sal komplimenteer.
  • Dit is belangrik op Vaardigheid Stapeling te doen omdat dit jou kans om ‘n werk te kry, sal verbeter.
  • Daar is 5 maklike stappe wat gevolg kan word om jou te help met Vaardigheid Stapeling.
  • Vaardigheid Stapeling vereis dat jy spesiale aandag moet gee aan spesifieke harde en sagte vaardighede.

Vaardigheid Stapeling is wanneer hy al die vaardighede wat jy deur die loop van jou lewe opgebou het, bymekaar sit. Hierdie proses is vir elke persoon verskillend omdat almal individuele vaardighede en kombinasies het.

Wat jy moet weet oor Vaardigheid Stapeling:

  • Hoekom moet ek my vaardighede kombineer?
  • Hoekom is dit belangrik?
  • Hoe doen ek dit?
  • Die belangrikste vaardighede.

Hoekom Moet Ek My Vaardighede Kombineer?

Vaardigheid Stapeling is soos om ‘n huis te bou. Jy is dalk nie uiters goed in ‘n enkele vaardigheid nie, maar jy kan daardie vaardigheid kombineer met ander vaardighede wat dan baie meer voordelig is.

Een van die dele van Vaardigheid Stapeling, is om jou vaardighede neer te skryf. Hierdie gee vir jou die geleentheid om te reflekteer op al die vaardighede wat jy deur die loop van jou lewe verkry het.

Wanneer jy besef watter vaardighede nie op jou lysie is nie, maar wat goed by die ander vaardighede sal pas, kan jy begin om hierdie vaardighede aan te leer.

Hoekom Is Dit Belangrik?

Baie mense dink dat jy al jou tyd aan ‘n enkele ‘groot’ vaardigheid moet bestee sodat jy ‘n kundige raak in daardie spesifieke vaardigheid.

Die probleem hiermee is egter dat jy moontlik nie baie geleenthede sal kry om daardie enkele vaardigheid te gebruik nie. 

Vaardigheid Stapeling sê juis hoe meer, hoe beter. Deur meer vaardighede by jou lysie te voeg, word jou kanse om ‘n werk te kry al hoe hoër.

Werkgewers wil nie iemand aanstel wat net een enkele vaardigheid bemeester nie, hulle soek vir werknemers wat ‘n verskeidenheid take kan voltooi.

Hoe Doen Ek Dit?

Jy kan hierdie maklike stappe volg om jou Vardigeheid Srtapeling te voltooi:

  • Stap 1: Maak ‘n lys van al jou vaardighede.
  • Stap 2: Bepaal jou doel (bv. jou droom beroep).
  • Stap 3: Kyk of jou vaardighede pas by jou doel.
  • Stap 4: Identifiseer die vaardighede wat jy nog kort.
  • Stap 5: Maak inligting bymekaar oor hoe jy hierdie vaardighede kan verkry.

‘n Goeie manier om ‘n kwalifikasie te kry en baie nuwe vaardighede te leer, is om ‘n afstandsonderrig-kursus te voltooi. So kan jy werk en leer op dieselfde tyd.

Matriek Kollege bied ‘n verskeidenheid van hierdie kursusse aan waarvoor jy nie eens ‘n matriek sertifikaat benodig nie.

Die Belangrikste Vaardighede

Die belangrikste vaardighede wat jy benodig om jou doelwitte te bereik, word verdeel in harde en sagte vaardighede:

Harde Vaardighede

Harde vaardighede is spesifieke vaardighede wat verkry word deur opleiding. Jy moet dus bepaal watter harde vaardighede van toepassing is op die werksveld van jou keuse.

As jy byvoorbeeld ‘n rekenmeester wil raak, moet jy rekenkundige vaardighede aanleer deur ‘n universiteit of kollege.

Sagte Vaardighede

Sagte vaardighede is vaardighede wat nie deur teoretiese opleiding verkry kan word nie. Dit word eerder verkry deur ondervinding en karakter. Voorbeelde is produktiwiteit, organiseringsvaardighede en talle ander.

Om te bepaal watter sagte vaardighede voordelig sal wees vir jou, kan jy praat met professionele in die veld. Jy kan byvoorbeeld vra watter vaardighede hulle noodsaaklik vind in ‘n werknemer op ‘n daaglikse basis.

Outeur: Simoné Coetzee
Vertaler: Karla Nortier