Opsies As Jy Nie Matriek Geslaag Het Nie

Datum Gepubliseer: 20 Mei 2021

  • As jy nie matriek geslaag het nie, kan jy jou matriek sertifikaat kry by ‘n kollege of teruggaan skool toe.
  • As jy seker wil maak dat jou matriekuitslae reg is, kan jy aansoek doen om dit te laat hermerk of om weer nagesien te word.
  • Jy kan aanvullende eksamens skryf indien jy nie meer as twee vakke gedruip het nie.
  • Matriek Kollege bied Matriek Opgradering aan wat jou in staat stel om die vakke wat jy gedruip het, oor te doen in plaas daarvan om die volle jaar oor te doen.
  • Die Volwasse Matriek-program gee enigiemand oor die ouderdom van 21 die geleentheid om hulle matriek sertifikaat te kry.
  • Jy kan verder studeer sonder ‘n matriek sertifikaat deur ‘n ICB- of NATED-kursus te voltooi.

As jy nie jou matriekjaar voltooi het nie, het jy steeds talle opsies vir jou toekoms. Jy kan jou matiek sertifikaat kry by ‘n afstandsonderrig-kollege of jy kan jou studies bevorder sonder matriek.

Hier is ‘n paar opsies vir jou as jy nie matriek geslaag het nie:

  • Hersien of hermerk
  • Aanvullende eksamens
  • Herskryf matriek
  • Doen Matriek Opgradering
  • Volwasse Matriek
  • Studeer sonder matriek
  • Waar kan ek studeer?

Hersien of Hermerk

As jy jou matriek uitslae gekry het en nie verwag het dat jy nie sou deurkom nie, kan jy aansoek doen vir ‘n hermerk of hersiening.

Die verskil tussen die twee is:

  • As jou vraestel hermerk is, sal jou vraestel gemerk word asof dit die eerste keer is wat dit gemerk word.
  • Tydens hersiening van jou vraestel, sal die evalueerder slegs kyk of al jou werk gemerk is en dat punte korrek opgetel is.

Aanvullende Eksamens

Aanvullende eksamens gee vir jou die geleentheid om sekere vakke oor te skryf. Hierdie eksamens vind gewoonlik plaas tussen Februarie en Maart.

Aanvullende eksamens is slegs vir leerders wat nie meer as twee vakke gedruip het nie.

Jy moet aan die volgende vereistes voldoen om aanvullende eksamens te kan skryf:

  • Jy het ‘n mediese kondisie/voorval gehad en jy kan ‘n mediese sertifikaat as bewyse gee.
  • Jy het net een of twee vakke gedruip.
  • Jy wil aan die hoër-onderwys aansoekvereistes voldoen.
  • Iemand in jou familie is oorlede.

Herskryf Matriek

Dit is baie voordelig om ‘n matriek sertifikaat te kry, veral wanneer jy vir werk soek. Dit lyk dalk oorweldigend om terug te gaan skool toe, maar jy sal nie spyt wees nie.

As jy jou matriek sertifikaat herskryf, kry jy ook die kans om te reflekteer op wat jou toekomstige planne is en sal jy verder aan jouself kan werk.

Doen Matriek Opgradering

Matriek Opgradering stel jou in staat om slegs vakke wat jy gedruip het, oor te doen in plaas daarvan om die hele jaar oor te doen.

Jy kan Matriek Opgradering doen by Matriek Kollege. Ons lewer jou leermateriaal vir jou af en is gereed om jou te ondersteun wanneer ookal jy dit dit nodig het.

Matriek Kollege is ‘n afstandsonderrig-instansie wat gekwalifiseerde kursusse aanbied. Afstand onderrig vereis ook geen persoon-tot-persoon klasse nie en laat jou toe om te leer op jou eie tyd. Hierdie is perfek vir as jy wil werk terwyl jy studeer.

Volwasse Matriek

Volwasse Matriek is ‘n program wat dit moontlik maak vir jou om jou matriek sertifikaat te kry by ‘n kollege.

Na jy aansoek gedoen het vir jou Volwasse Matriek, sal Matriek Kollege jou help om 6 vakke te kies wat reg is vir jou. Hulle sal jou dan help om voor te berei vir hierdie eksamens.

Jy moet 21 of ouer wees om die eksamen te kan skryf. Die enigste vereiste is dat jy ‘n graad 9 sertifikaat moet hê.

Studeer Sonder Matriek

Daar is kolleges wat kursusse aanbied wat voltooi kan word sonder ‘n matrieksertifikaat.

ICB-Kursusse

Die Instituut van Gesertifiseerde Boekhouers (ICB) bied kursusse aan in die rigting van finansies en besigheidsbestuur. Lees hier waarom jy ‘n ICB-kursus moet kies.

Die ICB-kursusse wat nie matriek vereis nie, sluit die volgende in:

ICB Finansiële Rekeningkunde

ICB Besigheidsbestuur

NATED-Kursusse

Die Nasionale Geakkrediteerde Diploma vir Tegniese Onderwys (NATED) is ‘n program wat bestaan uit drie kursusse (N4, N5 en N6). Gedurende hierdie program sal jy beide praktiese en teoretiese opleiding ontvang.

Daar is baie NATED-kursusse wat jy sonder matriek kan studeer:

Ander Kursusse

Ander kursusse wat jy kan studeer sonder ‘n matriek sertifikaat sluit die volgende in:

Waar Om Te Studeer?

Daar is baie hoër-onderrig instansies in Suid-Afrika, soos afstandsonderrig-kolleges.

Die volgende is van hierdie kolleges:

Outeur: Simone Coetzee
Vertaler: Karla Nortier