Geen Middeljaar Eksamen? Maak Die Beste Van Ekstra Leertyd

Geen Middeljaar Eksamen Maak Die Beste Van Ekstra Leertyd

  • Net omdat daar nie ‘m middeljaareksamen is nie, beteken dit nie dat leerders nie hoef te leer nie.
  • Hierdie ekstra tyd is die perfekte geleentheid vir studies.
  • Leerders en onderwysers moet goed kommunikeer in hierdie tydperk.
  • Dit is ‘n goeie idee om jou eie eksamenvraestelle op te stel en deur vorige vraestelle te werk.
  • Onderwysers moet kreatiewe maniere kry om studiemateriaal te toon.
  • Wees bewus van die tyd wat jy aan jou vakke kan afstaan om te leer vir jou eindeksamen.
  • Maak seker dat jy al die maatreëls volg om gesond te bly tot en met jou eindeksamen.

Die middeljaar-eksamen staan bekend as ‘n geleentheid vir matriekleerders om gewoond te raak aan hoe die tipiese eindeksamenvrae gevra word.

Matrieks kry ook die kans om te skryf oor onderwerpe wat in die eindeksamen verskyn.

Die Departement van Basiese Onderwys het egter besluit dat die middeljaar-eksamen nie hierdie jaar moet plaasvind nie.

Die besluit is gebaseer op die gevolge van die Covid-19 pandemie met die doel om onderwysers en studente tyd te gee om die kurrikulum te dek.

Alhoewel die middeljaareksamens goeie voorbereiding is vir die eindeksamen, kan jy nou juis gebruik maak van jou ekstra tyd om steeds te studeer vir jou eindeksamen.

Hier is ‘n paar maniere om die ekstra leertyd optimaal te gebruik:

  • Kommunikeer soveel as wat jy kan.
  • Stel jou eie middeljaareksamens op.
  • Oefen vorige vraestelle.
  • Onderwysers moet kreatief raak.
  • Moenie tyd verloor nie.
  • Kyk na jou gesondheid.

Kommunikeer Soveel As Wat Jy Kan

Noudat matrieks meer tyd in die klaskamer het, moet hulle soveel as moontlik vrae vra. Baie leerlinge studeer tuis en kommunikeer aanlyn met hul onderwysers. 

Of jy nou in die klas of by die huis is, moet jy seker maak dat jy hierdie ekstra tyd goed benut met hulp van jou onderwysers.

Stel Jou Eie Middeljaareksamens Op

Aangesien daar nie meer middeljaareksamens is nie, kan jy hierdie geleentheid gebruik om jou eie vraestel op te stel wat jy kan voltooi.

Kyk na vorige middeljaarvraestelle en volg dieselfde riglyne om jou te help om die vraestel op te stel.

Oefen Vorige Vraestelle

Een van die belangrikste dele van jou studies vir die finale eksamens is om vorige vraestelle in te oefen.

Vorige vraestelle help jou om te sien hoe vrae gevra word en hoe die punte toegeken word.

Jy kan talle vraestelle van vorige jare kry op ons Matriek Kollege blad.

Onderwysers Moet Kreatief Raak

Aangesien leerders nie altyd skool kan bywoon nie weens die gevolge van Covid-19, moet onderwysers kreatiewe maniere oorweeg om met hul studente in aanraking te kom.

Hier is ‘n paar metodes waarop onderwysers met leerders in kontak kan bly:

  • YouTube-video’s: Onderwysers wat ingewikkelde konsepte moet verduidelik, kan YouTube-video’s skep waar hulle dit visueel voorstel.
  • Video-oproepe: Onderwysers moet die beste gebruik maak van video-oproep programme soos Microsoft Teams. ‘n Voorbeeld van ‘n kreatiewe manier waarop studente meer interaktief kan wees, is om uitbreekkamers te skep.
  • Whatsapp-groepe: Whatsapp-groepe is ‘n uitstekende manier om maklik met mekaar en onderwysers te kommunikeer en op hoogte te bly van werk.

Moenie Tyd Verloor Nie

As jy nie vir die middeljaareksamen hoef te studeer nie, moet jy steeds bewus wees van die feit dat jy noodsaaklike studietyd nou het vir jou eindeksamens.

Alhoewel daar meer tyd voor die eindeksamen is, is daar baie meer werk wat gedek moet word. Daarom moet jy seker maak dat jy voorbly met jou studies.

Kyk Na Jou Gesondheid

Jy moet goed na jou gesondheid kyk en simptome monitor, want jy moet gesond wees vir die finale eksamen.

As jy Covid-19 simptome ervaar, moet jy tuis bly om ander leerders en onderwysers te beskerm.

Outeur: Simoné Coetzee
Vertaler: Karla Nortier