Verhoog Jou Produktiwiteit

Verhoog Jou Produktiwiteit

  • Produktiwiteit is ‘n belangrike vaardigheid wat jou in talle aspekte van lewe sal help om voor te bly.
  • Om produktiwiiteit te verhoog, moet jy ‘n roetine skep wat afledingsvry is.
  • Kies vir jouself ‘n rustige area om te werk sodat jy kan fokus op die werk wat jy moet voltooi.
  • Skep intervalle vir jou take sodat jy die nodige werk kan insit en ook ‘n breek neem wanneer jy moet.
  • Voltooi die werk waarmee jy begin het in plaas daarvan om dit uit te stel.
  • Afstandsonderrig kan jou help met tydsbestuur aangesien jy jou eie skedule kan skep.

As jy tans besig is om te studeer of graag in die toekoms jou studies wil bevorder, is dit belangrik om aan te pas by ‘n skedule.

Produktiwiteit is een van die belangrikste elemente wat sal verseker dat jy jou dag tot die beste van jou vermoëns sal voltooi.

Die Belangrikheid Van Produktiwiteit

Dit is soms moontlik om na al jou klasse, studies of werkskofte sien dat jy die regte tyd ingesit het, maar tog voel dat jy nie eintlik so baie gedoen gekry het nie.

Hierdie is heel waarskynlik weens lae produktiwiteit. Daar is ‘n verskil tussen die intensie om te werk en om eintlik jou werk of studies te voltooi.

As ‘n student of iemand wat die werksveld wil betree, is dit belangrik om produktief te wees.

Hierdie vaardigheid sal jou help in talle aspekte van lewe en dit sal tot jou voordeel wees om produktiwiteit toe te pas deur die loop van jou dag.

Hier is 4 wenke vir produktiwiteit:

  1. Skep ‘n Afleidingsvrye-Roetine
  2. Kies Die Regte Plek Om Te Studeer
  3. Skep Vir Jouself Intervalle
  4. Voltooi Wat Jy Begin

1. Skep ‘n Afleidingsvrye-Roetine

Met sperdatums, werk skofte, sosiale interaksie en tyd vir selfversorging, kan dit moeilik klink om elke dag produktief genoeg op te stel.

Dit is dus belangrik om ‘n roetine te skep met geen afleidings om elke dag se doelwitte te bereik.

Hier is ‘n paar maniere om ‘n goeie skedule op te stel:

  • Kry genoeg slaap: Sewe tot ag ure se slaap is noodsaaklik vir jou roetine sodat jy elke dag reg kan begin en afsluit. Gee vir jouself genoeg tyd om rustig te raak voor jy gaan slaap.
  • Maak daagliks ‘n skedule: Wanneer jy ‘n sigbare kalender of dagboek met sperdatums, klasse en ander pligte goed uiteensit, kan dit die spanning om take te voltooi heelwat verlig. Jy sal so weet waarop jy moet fokus en hoeveel tyd jy daarop kan spandeer. Klik hier vir ‘n templaat.
  • Beplan jou maaltye: Jy kan slegs optimaal fokus wanneer jy genoeg eet en gereeld water drink. As jy jou maaltye beplan, sal dit verbasend baie tyd spaar. Vat ook altyd ‘n bottel water en peuselhappie saam wanneer jy uitgaan vir onbeplande veranderinge in jou skedule. Klik hier vir ‘n templaat.

2. Kies Die Regte Plek Om Te Studeer

Jou studie- of werksomgewing het ‘n groot impak op produktiwiteit en konsentrasie. As jy ‘n rustige omgewing vir jouself skep, kan dit jou help om effektief te studeer. 

Jy moet ook probeer om elke keer op dieselfde plek te leer omdat dit jou brein leer om te onderskei tussen wanneer jy moet konsentreer en wanneer jy kan rus. Hierdie kan jou produktiwiteit aansienlik verhoog.

Hier is ‘n paar wenke oor hoe om jou werksomgewing gereed te kry.

3. Skep Vir Jouself Intervalle

Jou produktiwiteit kan verhoog as jy intervalle vir al jou verantwoordelikhede skep. 

Jy kan elke deel van die werk wat jy moet voltooi opbreek in klein brokkies wat jou werk minder oorweldigend sal laat voel. 

Moenie vir jouself een dag gee om een taak te voltooi nie, breek jou dag eerder op in tyd-intervalle wat jou toelaat om te fokus en dan ‘n breek te neem.

As jy vir jouself ‘n spesifieke tyd gee om ‘n taak te verrig, sal daar ‘n mate van gesonde druk wees om jou optimaal laat werk.

Dit help jou om soveel werk as moontlik te doen voordat jy ‘n welverdiende blaaskans neem.

4. Voltooi Wat Jy Begin

Dit is baie maklik om afgelei te word as jy nie voltooi wat jy begin het nie.

Jy sal dit soms nie eens agterkom nie, maar nie jou brein sal klem lê op die taak wat jy nie voltooi het nie wat jou konsentrasie sal verminder en jou produktiwiteit beïnvloed.

Jy moet dus die dringendste take afhandel sodat jy dan rustig deur jou ander take kan werk. Jy sal verbaas wees deur hoeveel werk jy kan voltooi wanneer jy hierdie ingesteldheid het.

Lees meer oor ‘n paar studiewenke hier.

Sukkel Jy Met Tyd?

As jy sukkel met tydsbestuur rakende werk en studies, kan jy dit oorweeg om met Matriek Kollege ‘n afstandsonderrig-kursus te voltooi.

Hierdie afstandsonderrig-geleenthede sal jou help om jou tyd baie beter te bestuur. Kontak ons om te hoor wat Matriek Kollege aanbied: 012 762 7100.

Outeur: Karla Nortier