- Die verskil tussen kolleges en universiteite is dat kolleges sertifikate en diplomas aanbied, terwyl universiteite voor- en nagraadse grade aanbied.
- Tradisionele universiteite bied ‘n wye verskeidenheid grade aan waar jy kennis oor ‘n spesifieke veld sal opdoen.
- Universiteite vir Tegnologie fokus op meer praktiese opleiding en tegnologiese innovasie.
- Privaat kolleges is onafhanklike instellings wat privaat gefinansier word.
- Afstandsonderrig kolleges laat studente toe om tuis te studeer sonder fisiese klasse.
- TVET-kolleges bied beroepsopleiding aan wat studente voorberei vir die werksomgewing.
- Op universiteit kan jy ‘n graad verwerf wat ‘n help om ‘n werk met ‘n goeie salaris te verseker.
- By ‘n kollege kan jy ‘n kwalifikasie te verwerf wat jou in staat stel om praktiese ervaring op te doen. Jy kan ook werk terwyl jy studeer.
Die grootste verskil tussen kolleges en universiteite is dat kolleges meestal voorgraadse sertifikate en diplomas aanbied, terwyl universiteite beide voorgraadse en nagraadse grade aanbied.
Hier is alles wat jy moet weet oor kolleges en universiteite:
- Tipes universiteite.
- Tipes kolleges.
- Voordele en nadele.
Tipes Universiteite
‘n Universiteit is ‘n hoëronderwysinstelling waar jy vir ‘n graad kan studeer en akademiese navorsing doen.
Daar is twee hooftipes universiteite, naamlik Tradisionele Universiteite en Universiteite van Tegnologie.
Tradisionele Universiteit
Tradisionele universiteite bied ‘n wye verskeidenheid kursusse aan waaruit jy kan kies. Hulle bied beide voor- en nagraadse opleiding aan.
Daar is baie universiteite in Suid-Afrika. Sommige van die betroubare universiteite sluit in:
- Universiteit van Kaapstad
- Universiteit van Witwatersrand
- Universiteit Stellenbosch
- Universiteit van Stellenbosch
- Universiteit van Pretoria
Universiteit van Tegnologie
Universiteite vir Tegnologie, voorheen bekend as technikons, fokus op tegnologiese innovasie en bied loopbaan-spesifieke programme aan.
Hulle kursusse sluit werkgeïntegreerde leer in waarmee studente ‘n gestruktureerde program kan studeer terwyl hulle praktiese werk vir ‘n organisasie doen.
Dit is ‘n goeie manier om werkservaring by jou CV in te sluit.
Tipes Kolleges
Kolleges bied ‘n wye verskeidenheid kwalifikasies aan, soos sertifikate en diplomas. Jy kan ook jou matriek sertifikaat voltooi of jou matriekuitslae by ‘n kollege verbeter.
Matriek Kollege is ‘n voorbeeld van ‘n matriekgerigte universiteit wat kursusse vir hoër onderwys aanbied.
Die drie soorte kolleges is:
- Privaat Kolleges
- Afstandsonderrig-kolleges
- VOO-kolleges
Privaat Kolleges
Privaat kolleges is onafhanklike instellings wat hul eie beleide het en privaat befonds word.
Suid-Afrika het verskillende soorte privaat kolleges. Sommige van die bekende private instellings is deel van die “Independent Institution of Education”.
Voorbeelde van hierdie kolleges is:
- Vega
- IIE MSA
- Varsity College
- Rosebank College
Afstandsonderrig-kolleges
Afstandsonderrig is ‘n studie-opsie wat studente in staat stel om van enige plek af te studeer sonder om fisies klasse te loop.
Afstandsonderrig bied die geleentheid om terselfde tyd te werk en te studeer. Op hierdie manier kan jy ‘n inkomste verdien terwyl jy jou studies bevorder.
Hier is ‘n lys van die beste afstandsonderrig-kolleges in Suid-Afrika:
- Ember Acadamy
- Matriek Kollege
- Matric College
- Skills Academy
- Bellview Institute Of Distance Learning
VOO-Kolleges
Verdere Onderwys en Opleiding (VOO) kolleges, ook bekend as Tegniese- en Beroeps-onderwys en Opleiding (TVET) kolleges, is instellings wat beroepsopleiding aanbied.
TVET-kolleges is geregistreer by die Departement van Hoër Onderwys (DHET). Dit beteken dat hul kwalifikasies geakkrediteer is en hooggeag word in die werkswêreld.
By ‘n TVET-kollege sal jy beroepsopleiding verwerf in die lyn van werkspesifieke opleiding. So sal jy voorbereid wees vir die werkplek.
Klik hier vir ‘n lys van TVET-kolleges in Suid-Afrika.
Voordele En Nadele
Of jy nou by ‘n kollege of universiteit studeer, sal jy uit enigeen voordeel kan trek.
Dit is egter steeds ‘n goeie idee om na die voor- en nadele van beide soorte hoër onderwys te kyk om te bepaal wat vir jou die beste opsie is.
Voordele Van Universiteit
Om universiteit toe te gaan, sal baie deure vir jou oopmaak. Universiteite hou talle voordele in, byvoorbeeld:
- Kry ‘n graad: Jy kan ‘n graad by ‘n universiteit verwerf. ‘n Graad kan vir jou ‘n hoë betalende werk sowel as werksekerheid inhou.
- Doen navorsing: Universiteite laat jou toe om aan belangrike navorsingsprojekte deel te neem. Jy kan jou eie navorsing publiseer en ‘n suksesvolle akademikus word.
- Universiteitskultuur: Om deel van ‘n universiteit te wees of in ‘n universiteitskoshuis te bly, maak jou deel van ‘n kultuurryke omgewing met baie verskillende soorte mense.
Nadele Van Universiteit
Alhoewel universiteit jou tot baie nuwe geleenthede kan lei, is daar tog ‘n paar nadele.
- Universiteit is duur: Ongelukkig is universiteit baie duur. Dit is dus ‘n goeie idee om aansoek te doen vir ‘n beurs.
- Min praktiese ervaring: Alhoewel universiteit jou baie diepgaande kennis oor ‘n spesifieke vakgebied leer, bied hulle dikwels nie werkspesifieke opleiding nie, wat dit moeiliker kan maak om werk te kry.
- Dit neem baie tyd: Universiteitsgrade neem gewoonlik ‘n minimum tydperk van drie jaar. Dit beteken dat jy nie binne ‘n kort tyd ‘n kwalifikasie kan verwerf nie.
Voordele Van Kolleges
Om by ‘n kollege te studeer is ‘n uitstekende opsie as jy loopbaangerig is. Sommige van die voordele sluit in:
- Raak gekwalifiseerd: Kolleges gee jou die geleentheid om waardevolle kwalifikasies te verwerf wat hooggeag word.
- Studeer sonder matriek: Sommige kolleges bied kursusse aan waarvoor jy nie ‘n matriek sertifikaat nodig het nie. Met Matriek Kollege kan jy studeer sonder matriek. Jy kan selfs ‘n matriek sertifikaat kry deur Matriek Kollege.
- Goedkoper studies: Kolleges is die goedkoper opsie wanneer universiteite in ag geneem word.
- Werk en studeer: Afstandsonderrigkolleges laat jou toe om te werk en ‘n inkomste te verdien terwyl jy studeer.
Nadele Van Kolleges
Alhoewel kolleges waardevolle kwalifikasies bied en jou sal help om werk te kry, is daar tog nadele.
- Beperkte programme: Nie alle studiepaaie kan deur kolleges bestudeer word nie.
- Lae onderwysvlak: Jy kan nie ‘n graad by ‘n kollege studeer nie. As jy dus ‘n graad of ander nagraadse kwalifikasies wil verwerf, moet jy deur ‘n universiteit studeer.
- Minder sosiale ondervindings: As jy ‘n afstandsonderrig-kursus studeer, het jy dikwels nie baie sosiale interaksie met ander studente nie. Daarom sal jy meer moeite moet doen om nuwe mense te ontmoet.
Outeur: Simoné Coetzee
Vertaler: Karla Nortier