Hoekom Moet Ek Aansoek Doen Vir My Matriek Deur Afstandsonderrig?

Hoekom Moet Ek Aansoek Doen Vir My Matriek Deur Afstandsonderrig?

  • Jy kan jou matriek sertifikaat kry deur Volwasse Matriek.
  • Jy kan deur afstandsonderrig werk terwyl jy studeer.
  • Met afstandsonderrig kan jy vanaf enige plek studeer.
  • As jy afstandsonderrig wil doen, moet jy selfdissipline hê en weet hoe om met tegnologie te werk.
  • Matriek Kollege help jou deur jou hele Volwasse Matriek met tutors en studiemateriaal.
  • Daar is ook talle kursusse wat jy kan voltooi sonder matriek.

Dit kan frustrerend wees om nie jou matriek sertifikaat te hê nie en die idee om terug te gaan hoërskool toe klink dalk intimiderend.

Die goeie nuus is egter dat jy jou matriek kan kry deur Volwasse Matriek te doen deur middel van afstandsonderrig.

Hier is ‘n paar redes waarom jy vir Volwasse Matriek deur middel van afstandsonderrig aansoek moet doen:

  • Werk terwyl jy studeer.
  • Studeer op enige plek.
  • Pas selfdissipline toe.
  • Wees vaardig met tegnologie.

Werk Terwyl Jy Studeer

Afstandsonderrig gee vir jou die kans om te werk en studeer terselfdetyd. So kan jy beide praktiese ondervinding kry in die werksplek terwyl jy studeer vir jou matriek sertifikaat.

Werksonderviding sal vir jou die kans gee om ‘n inkomste te verdien en sal vir jou die kans gee om jou CV op te bou.

Studeer Op Enige Plek

As jy Volwasse Matriek doen, kan jy vanaf enige plek studeer. Dit beteken dat jy nie nodig het om terug te gaan skool toe om jou matriek te voltooi nie.

Aangesien jy nie klasse het om by te woon nie, sal jou skedule buigbaar wees vir jou om te werk terwyl jy studeer.

Ten spyte van die feit dat daar geen klasse is nie, kan jy steeds hulp kry by jou kollege se tutors en assistente.

Pas Selfdissipline Toe

Afstandsonderrig vereis dat jy leer teen jou eie spoed en deur jou eie reëls te volg. Jy sal agterkom dat jy nie sonder selfdissipline jou doelwitte of sperdatums sal maak nie. Jy sal dit ook meer stresvol vind om vir eksamens voor te berei.

Om selfdissipline te leer sal jou grootliks bevoordeel wanneer jy vir tersiêre instansies en werksposisies aansoek doen.

Wanneer werkgewers sien dat jy deur afstandsonderrig studeer het, sal hulle jou uithouvermoëns en selfdissipline raaksien.

Selfdissipline sal jou ook in baie ander aspekte van jou lewe help. Sukses is gebou op selfdissipline en deur jouself verantwoordelik te hou vir jou eie groei.

Lees hier oor die beste studie wenke.

Wees Vaardig Met Tegnologie

Aangesien ons lewe in ‘n tegnologiese wêreld en ook as gevolg van die effek wat die wêreldwye pandemie op ons samelewing gehad het, sal dit jou baie bevoordeel om vaardig te raak met tegnologie.

As jy jou matriek wil kry deur ‘n afstandsonderrig-instansie sal jy waarskynlik gebruik moet maak van internetbronne.

Jy sal ook meer leer rakende aanlynvergaderings, byvoorbeeld wanneer jy met ‘n tutor wil praat as jy hulp nodig het.

Wanneer jy aansoek doen vir werksgeleenthede sal dit ook vir wergewers wys dat jy weer hoe om in die tegnologiese wêreld te kommunikeer.

Volwasse Matriek sal jou ook dan voorberei vir ander afstandsonderrig-kursusse wat jy in die toekoms wil doen.

Matriek Kollege

Jy kan Volwasse Matriek voltooi deur Matriek Kollege. Ons help jou om die regte vakke te kies en om te fokus op die vakke waarin jy hulp nodig het.

Ons help jou ook wanneer jy studeer vir jou eksamens deur vir jou studiemateriaal te stuur soos verlede eksamenvraestelle en studiegidse. Tutors is ook beskikbaar aanlyn, op WhatsApp, via e-pos en oor die foon.

Matriek Kollege lewer jou studiemateriaal af binne 5-7 dae.

Studeer Sonder Matriek

Daar is baie afstandsonderrig-kursusse waarvoor jy aansoek kan doen sonder ‘n matriek sertifikaat. Jy kan die volgende kursusse sonder matriek voltooi deur Matriek Kollege:

ICB-Kursusse

Lees meer oor wat jy moet weet wanneer jy die ICB moet kies hier.

Opvoedkunde en Kindersorg

Skoonheidsterapie

Ander Kursusse

Outeur: Simoné Coetzee
Vertaler: Karla Nortier