5 Dinge Wat Jy Moet Weet Wanneer Jy ICB Kies

  • Alle ICB-kursusse bied kritieke vaardighede aan.
  • Jy kan ‘n matriek-ekwivalent sertifikaat verkry deur  ICB.
  • ICB bied kursusse aan wat nie ‘n matriek sertifikaat vereis nie.
  • As jy ‘n ICB-kursus studeer, sal jy afstandsonderrig kry wat vir jou die kans gun om te werk terwyl jy studeer asook om geld te spaar.
  • Sien die lys hieronder vir die kolleges wat ICB-kursusse aanbied.

Die Instituut van Gesertifiseerde Boekhouers bied geakkrediteerde finansiële- en besigheidsbestuur kwalifikasies. Jy kan ook ‘n matriek-ekwivalent sertifikaat met ICB studeer en so ook kritieke vaardighede aanleer.

Hier is 5 dinge wat jy moet weet rakende ICB:

  1. Al hul kursusse bied kritieke vaardighede aan.
  2. Studeer ‘n matriek-ekwivalent.
  3. Studeer sonder ‘n matriek sertifikaat.
  4. Voordele van afstandsonderrig.
  5. Kolleges wat ICB-kursusse aanbied.

Al Hul Kursusse Bied Kritieke Vaardighede Aan

ICB-kursusse sal vir jou kritieke vaardighede aanleer. Daar is ‘n hoë aanvraag vir kritieke vaardighede en werkgewers sal goeie salarisse bied vir werknemers wat hierdie vaardighede kan toepas.

Die kursusse leer ook praktiese vaardighede aan. Ondervinding is dikwels meer belangrik as teoretiese kennis. Dus sal ‘n ICB-kursus vir jou ‘n voorsprong in die proses om werk te soek, gee.

Studeer ‘n Matriek-Ekwivalent

ICB bied 2 matriek-ekwivalente sertifikate aan. Jy kan aansoek doen vir hierdie kursusse met ‘n graad 10-sertifikaat. Hierdie kursusse is:

Hierdie sertifikate is baie waardevol aangesien daar talle kritieke vaardighede aangebied word in matriek-ekwivalente sertifikate.

Studeer Sonder ‘n Matriek Sertifikaat

Jy kan steeds jou studies verder neem as jy nie jou matriek sertifikaat gekry het nie. Matriek-ekwivalente sertifikate is ‘n goeie opsie vir studente wat nie akademies ingesteld is nie.

Matriek-ekwivalente sertifikate bied aan studente ‘n tweede kans om ‘n suksesvolle beroep te bou.

 ICB-kursusse wat nie matriek vereis nie, sluit die volgende in:

ICB Finansiële Rekeningkunde

ICB Besigheidsbestuur

Gevorderde vlak – Nasionale Diploma: Finansiële Rekeningkunde Voordele Van Afstandsonderrig

Jy kan ‘n matriek-ekwivalente sertifikaat studeer deur ‘n afstandsonderrig-kollege. Daar is talle voordele aan afstandsonderrig, byvoorbeeld:

  • Dit is goedkoper: Met afstandsonderrig, hoef jy nie soveel geld te spandeer op vervoer en studente-akkomodasie nie teenoor studente wat by ‘n universiteit studeer.
  • Werk en Studeer: As jy moet werk om ‘n inkomste te verdien, hoef dit nie in die pad van verdere opleiding te staan nie. Met afstandsonderrig, kan jy werk terwyl jy studeer.
  • Studeer vanaf enige plek: Afstandsonderrig gee vir jou die kans om van enige plek af te studeer. Jy kan dus in die gemak van jou eie huis studeer.

Kolleges Wat ICB-Kursusse Aanbied

ICB-kursusse word deur talle kolleges oraloor Suid-Afrika aangebied. Hierdie sluit die volgende in:

Outeur: Simoné Coetzee
Vertaler: Karla Nortier