- Besigheidsbestuur sal jou toerus met ‘n kritieke vaardigheid.
- Jy staan ‘n groter kans om aangestel te word as jy ‘n kritieke vaardigheid geleer het.
- Besigheidsbestuur kan vir jou die geleentheid gee om ‘n goeie werk met ‘n goeie salaris te kry.
- Besigheidsbestuur is ‘n kompeterende veld waar jy talle verskillende moontlike werkspaaie kan volg.
- As jy vaardighede in Besigheidsbestuur kry, kan jy maklik ander rolle wat leierskap vereis, volg. Jy kan ook later jou eie besigheid met hierdie kennis begin.
Besigheidsbestuur is ‘n belonende werksveld wat baie geleenthede bied vir jou om te groei. Hier is 5 redes waarom jy Besigheidsbestuur moet studeer:
- Kritieke vaardighede
- Werksekuriteit
- Goeie salarisse
- Geleentheid om te groei
- Leer bestuursvaardighede
Kritieke Vaardighede
As jy Besigheidsbestuur studeer, sal jy ‘n kritieke vaardigheid aanleer. Kritieke vaardighede is vaardighede wat in hoë aanvraag is.
Hierdie vaardighede word in hoë aansien gehou aangesien baie min mense hierdie vaardighede het.
As jy kritieke vaardighede aanleer, kan dit baie deure vir jou oopmaak aangesien heirdie vaardighede in ‘n groot verskeidenheid werke gebruik kan word.
Werksekuriteit
Elke maatskappy het iemand nodig om seker te maak dat die besgheid op die regte pad is. Aangesien Besigheidsbestuur ook ‘n kritieke vaardigheid is, is die kans dat jy ‘n werk in die veld sal kry baie hoog.
Besigheidsbestuur is ‘n breë veld wat beteken dat daar baie werksrigtings is om van te kies. Hier is ‘n paar opsies waarna jy kan kyk:
- Sakebestuurder
- Kantoorbestuurder
- Menslike hulpbronbestuurder
- Verkoops-verteenwoordiger
- Bemarkingsbestuurder
- Rekeningsbestuurder
- Besigheidskonsultant
Goeie Salarisse
Werknemers wat ‘n kritieke vaardigheid het, staan ‘n groter kans om ‘n hoër salaris te ontvang as diegene wat nie ‘n kritieke vaardigheid het nie. Met die regte Besigheidsbestuur-kwalifikasie kan jy ‘n goeie salaris verdien.
Geleentheid Om Te Groei
Besigheidsbestuur is ‘n mededingende veld. Jy sal kan deel word van die energieke besigheidswêreld en sal ook kan kompeteer. Jy sal vir jouself en ander geleenthede kan skep en verskillende rolle aanneem.
Leer Bestuursvaardighede
‘n Besigheidsbestuur-kursus sal jou leer hoe om leiding te neem in besigheidswerkings en hoe om te kyk dat dinge in die besigheid reg verloop.
Hierdie sal jou instaat stel om ander leierskapsposisies aan te neem of selfs om jou eie besigheid in die toekoms te begin.
Wat Om Te Studeer
Die Nasionale Geakkrediteerde Diploma vir Tegniese Onderwys (NATED) is geakkrediteer by die Kwaliteitsraad vir Ambagte en Beroepe (QCTO).
Dit beteken dat die diploma op standaard is en as ‘n waardevolle kwalifikasie geag word.
Die NATED Besigheidsbestuur-program bestaan uit drie kursusse:
Waar Om Besigheidsbestuur Te Studeer
Daar is talle kolleges oraloor Suid-Afrika wat Besigheidsbestuur-kursusse aanbied. Die volgende is voorbeelde van sulke kolleges:
Author: Simoné Coetzee
Vertaler: Karla Nortier