- Afstandsonderrig bied die geleentheid om te werk en studeer terselfdetyd.
- Daar is talle afstandsonderrig-kolleges om van te kies. Sien ‘n lys van die kolleges hieronder.
- Jy kan ‘n afstandsonderrig ICB-kursus studeer sonder ‘n matriek sertifikaat.
- Jy kan die uitdagings van werk en studies verlig deur jou tyd reg te bestuur, ‘n goeie roetine te volg, effektief te kommunikeer en deur vroegtydig met werk te begin.
As jy verder wil leer terwyl jy ‘n inkomste verdien, is afstandsonderrig die ideale opsie sodat jy kan werk terwyl jy studeer.
Hier is alles wat jy moet weet oor hoe om terselfdetyd te studeer en werk:
- Afstandsonderrig
- Afstandsonderrig-kolleges
- Studeer sonder ‘n matriek sertifikaat
- Oorkom die uitdagings
Afstandsonderrig
Aangesien afstandsonderrig nie enige klasse behels nie, gee dit vir jou die geleenheid om te werk en studeer op dieselfde tyd.
Alhoewel dit maklik klink om op jou eie tyd te studeer, is daar wel ‘n paar uitdagings wat oorkom moet word.
Afstandsonderrig-kolleges soos Matriek Kollege bied die nodige hulp omdat hulle weet dat afstandsonderrig en werk somtyds moeilik kan wees.
Afstandsonderrig-kolleges
Daar is talle afstandsonderrig-kolleges oraloor Suid-Afrika. ‘n Paar van hierdie kolleges is:
Jy kan hier meer lees oor afstandsonderrig-kolleges.
Studeer Sonder ‘n Matriek Sertifikaat
Nog ‘n voordeel as jy terselfdetyd werk en studeer, is die feit dat jy dit kan doen sonder ‘n matriek sertifikaat.
Die Instituut van Gesertifiseerde Boekhouers bied geakkrediteerde finansiële- en besigheidsbestuur kwalifikasies.
Die ICB bied 2 matriek-ekwivalente sertifikate aan. Jy kan aansoek doen vir hierdie kursusse met ‘n graad 10-sertifikaat. Hierdie kursusse is:
- Verdere Opleiding- en Onderrigsertifikaat: Boekhouding – NQF-vlak 4. SAQA ID 58376. Krediete: 130.
- Nasionale Sertifikaat: Kleinhandel Finansiële Bestuur – NQF-vlak 4. SAQA ID 48736. Krediete: 120.
Jy kan ook by Matriek Kollege jou matriek sertifikaat kry deur afstandsonderrig terwyl jy werk.
Oorkom Die Uitdagings
Alhoewel dit baie effektief kan wees om te werk en studeer op dieselfde tyd, kan dit ook uitdagend raak. Hier is ‘n paar wenke wat jou kan help om hierdie uitdagings te oorkom.
Tydsbestuur
Goeie tydsbestuur is ‘n belangrike aspek van werk en studies. Hier is ‘n paar maniere om te verseker dat jy jou tyd effektief bestuur:
- Kategoriseer: Plaas verskillende take in verskillende groepe. Jy kan byvoorbeeld op jou kalender alle werksaktiwiteite in een kleur skryf en studie-aktiwiteite in ‘n ander kleur skryf. Dit sal help om georganiseerd te bly wat jou tydsbestuur sal bevorder.
- Wees realisties: Jy sal mettertyd kan bepaal hoe lank dit jou sal neem om ‘n taak te voltooi. As jy onrealistiese tydgleuwe maak vir verskillende take, kan dit voel asof jy nie besig is om sukses te behaal nie.
- Hou plek vir ekstra tyd: Dit is belangrik om tyd oop te hou vir onverwagte take en voorvalle. Dit kan selfs help as jy jou werk ietwat wil uitstel vir ‘n ruskans.
- Beloon jouself: Dit kan moeilik wees om op skedule te bly. Dit is dus goed om jouself te beloon elke keer wat jy daarby hou.
Goeie Roetines
Roetine maak dit makliker om op skedule te bly. Hier is ‘n lys van dinge wat jy kan doen om jou toewyding aan jou roetines te bevorder:
- Word elke dag wakker op dieselfde tyd en gaan slaap op dieselfde tyd.
- Neem tyd om te eet op dieselfde tyd elke dag.
- Luister a dieselfde musiek wanneer jy opstaan.
- Bel vriende op dieselfde tyd elke dag.
- Oefen ‘n roetine uit terwyl jy studeer deur eerste die werk deur te lees.
Effektiewe Kommunikasie
Dit is baie belangrik om met beide jou kollege en werkgewer te kommunikeer.
As jy sukkel, vra vir hulp. So kan jy dalk uitstel kry op spetrdatums, vra vir beter verwagtinge rakende wat verwag word van jou, ensovoorts. Hierdie sal ook help om jou professionele verhoudinge te bou.
Begin Vroegtydig
Maak seker dat jy jou werktake en eksamen voorbereiding vroeg genoeg begin sodat jy genoeg tyd het om op jou studies en werk te fokus.
Outeur: Simoné Coetzee
Vertaler: Karla Nortier