- Matriek Kollege gee studente die geleentheid om hul matriek sertifikaat te verkry of om hul matriekuitslae te verbeter.
- Matriek Kollege is ‘n afstandsonderrig-instansie. Afstandsonderrig gee vir jou die kans om terselfdetyd te werk en studeer. Dit help jou ook om geld op onderrig te spaar.
- Matriek Kollege bied aanlynhulp aan studente en lewer ook jou leermateriaal af.
- Jy kan jou matriek sertifikaat kry deur Volwasse Matriek te doen by Matriek Kollege, of jy kan jou matriekuitslae verbeter deur Matriek Opgradering.
- Jy kan ‘n finansiële-kursus of besigheidsbestuur-kursus studeer deur ICB met slegs ‘n graad-10 sertifikaat.
Matriek Kollege help mense om hul drome te bereik deur aan hulle ‘n tweede kans te bied om ‘n matriek sertifikaat te kry en om studie-opsies te bied wat sonder matriek voltooi kan word.
Hier is alles wat jy moet weet oor wie Matriek Kollege is:
- Wat doen Matriek Kollege?
- Afstandsonderrig.
- Ons voordele.
- Kry jou matriek sertifikaat.
- Studeer sonder matriek.
Wat Doen Matriek Kollege?
Matriek Kollege gee jou die kans om jou matriek sertifikaat te kry of om jou matriekuitslae te verbeter.
Matriek Kollege is vir almal. Indien jy nie matriek geslaag het nie, of as jy ‘n kursus wil studeer wat nie ‘n matriek sertifikaat vereis nie, het Matriek Kollege die perfekte opsies vir jou.
Afstandsonderrig
Matriek Kollege is ‘n afstandsonderrig-instansie. Afstandsonderrig is ‘n studie-opsie waar jy jou studies op jou eie tyd kan voltooi sonder om klasse by te woon.
Met afstandonderrig, kan jy werk terwyl jy studeer. So kan jy ‘n inkomste verdien terwyl jy jou studies voltooi. Matriek Kollege bied ook aanlyn-hulp om jou deur elke stap te help.
Hoekom Moet Ek Afstandsonderrig Kies?
Afstandsonderrig is ‘n goeie studie-opsie aangesien dit goedkoop en gerieflik is. Hier is van die voordele:
- Dit is nie duur nie: Afstandsonderrig-kursusse is nie so duur soos ander aanlyn-leeropsies of -grade nie. Aangesien jy nie lektors of ‘n kampus het om na te gaan nie, sal dit baie meer koste-effektief wees.
- Werk terwyl jy studeer: As jy moet werk en self ‘n inkomste verdien, hoef dit nie in die pad te kom van jou studies nie. Afsandsonderrig bied die geleentheid om te werk terwyl jy studeer aangesien dit buigbare tye het.
- Studeer van die huis af: Met afstandsonderrig, kan jy van enige plek af studeer. Jy kan dus van die gemak van jou eie huis af studeer of indien jy moet rondreis, sal jou studies nie geaffekteer word nie.
- ‘n Gevoel van verantwoordelikheid: Om te werk op jou eie tyd en om aanspreeklik gehou te word vir jou eie sperdatums, sal vir jou verantwoordelik laat voel. Dit is ook ‘n eienskap wat jou sal help in die werksplek.
Ons Voordele
Hier is van Matriek Kollege se voordele:
- Individuele hulp: Ons bied aanlyn tutors en assistente wat jou help deur die studieproses. Alhoewel afstandsonderrig dalk eensaam of uitdagend kan lyk, sal ons personeel graag help.
- Maklik om te kontak: Matriek Kollege bied maklike maniere om hulle te kontak wat die proses vergemaklik.
- Aflewering van leermateriaal: Ons lewer jou leermateriaal af sodra jy jou eerste betaling gemaak het.
Kry Jou Matriek Sertifikaat
As jy nie jou matriekjaar kon voltooi nie, bied Matriek Kollege ‘n tweede kans vir jou aan. Daar is verskillende paaie om te volg om jou matriek sertifikaat te kry. Hierdie sluit die volgende in:
Matriek Opgradering
Matriek Opgradering laat jou toe om jou matriekuitslae te bevorder. Dit stel jou in staat om te fokus op sekere vakke sodat jy nie al jou vakke hoef oor te skryf nie.
Volwasse Matriek
Volwasse Matriek is nog ‘n manier om jou matriek sertifikaat te kry. Jy kan vir Volwasse Matriek aansoek doen, maak nie saak vir hoeveel jare jy al uit skool is nie.
Daar is geen verskil in die matriek sertfikaat wat jy sal kry deur matriek te voltooi en die sertifikaat wat jy sal kry as jy dit deur ‘n kollege voltooi nie. Al verskil is die tydperk waarin jy dit voltooi.
Studeer Sonder Matriek
Die Instituut vir Gesertifiseerde Boekhouers bied finansiële- en sakebestuurskursusse aan waarvoor jy nie ‘n matrieksertifikaat nodig het nie.
Die ICB Nasionale Sertifikaat: Boekhouding, het ‘n NQF-vlak van 3 en sal jou in staat stel om die ICB-leer te klim, asook om ‘n nasionale diploma te voltooi.
Die vereistes vir hierdie kursus is:
- Jy moet graad 10 voltooi het.
- ‘n Goeie begrip van Engels.
Ander Kursusse Sonder Matriek
Matriek Kollege bied ‘n wye verskeidenheid kursusse wat voltooi kan word sonder matriek. Dit sluit die volgende in:
ICB-kursusse
Onderwys en Kindersorg
Skoonheidsterapie
Outeur: Simoné Coetzee
Vertaler: Karla Nortier