Hoe Om By Matriek Kollege Te Registreer

  • Dit is baie maklik om met Matriek Kollege te registreer. Jy hoef slegs ons webtuiste te besoek waar jy aan die onderkant van die blad ons aansoekvorm kan invul.
  • Ons sal jou kontak om jou studieplanne te bespreek.
  • Indien ons jou moet registreer vir jou eksamens, sal jy die dokumente wat hieronder gelys word, moet hê.

Matriek Kollege bied ‘n tweede kans om jou matriek sertifikaat te kry, om jou matriek uitslae te verbeter of om verder te studeer sonder matriek. Dit is maklik om te registreer by Matriek Kollege.

Hier is alles wat jy moet weet rakende registrasie by Matriek Kollege:

  • Die registrasieproses.
  • Nodige dokumente.
  • Registrasie vir ICB, NATED en ander kursusse.

Die Registrasieproses

Besoek Matriek Kollege hier om aansoek te doen vir ‘n kursus. Jy sal sien dat daar twee opsies is om van te kies (buiten die kursusse wat jy sonder matriek kan studeer):

Matriek Opgradering

Indien jy belangstel in Matriek Opgradering, moet jy die volgende stappe volg:

  • Vul hierdie vorm in, of bel Matriek Kollege: 0127 62 71 00.
  • Bespreek jou planne met een van ons Matriek Opgradering-kundiges.
  • Besluit watter vakke jy wil opgradeer, kies ‘n betalingsplan en registreer oor die foon.
  • Jou aansoek sal geprosesseer word en ons sal jou drie dae na jou registrasie kontak om jou te help met die begin van jou studies.

Volwasse Matriek

Indien jy belangstel in Volwasse Matriek, kan jy die volgende stappe volg:

  • Vul hierdie vorm in, of bel Matriek Kollege: 0127 62 71 00.
  • Bespreek jou planne met een van ons Volwasse Matriek-kundiges.
  • Besluit watter vakke jy wil studeer, kies ‘n betalingsplan en registreer oor die foon.
  • Jou aansoek sal geprosesseer word en ons sal jou drie dae na jou registrasie kontak om jou te help met die begin van jou studies.

Nodige Dokumente

Jy het dokumente nodig om te kan registreer vir jou eksamens. Jy sal jou studies kan begin met ons, maar ons het jou dokumentasie nodig vir jou om jou eksamen te kan skryf.

Hier is ‘n lys van die dokumente wat jy sal benodig:

Matriek Opgradering

Jy sal die volgende dokumente moet indien om aansoek te doen vir ons Matriek Opgradering:

  • Die jaar wat jy matriek geskryf het.
  • Jou eksamennommer van die jaar wat jy matriek geskryf het.
  • Jou eindeksamen-resultate.
  • Die provinsie waar jy jou matriek geskryf het.
  • Jou eksamenliggaam (DHET skool, IEB, SACAI, ens.).
  • Die distrik waarin jy tans bly.
  • RSA ID-nommer.
  • Van en volle voorname.
  • Vakke wat jy wil opgradeer.

Volwasse Matriek

Jy sal die volgende dokumente moet indien om aansoek te doen vir ons Volwasse Matriek:

  • RSA ID-nommer (onthou dat jy ouer as 21 moet wees).
  • Van en volle voorname.
  • Jou laaste skoolrapport. Dit sal ideaal wees indien jy jou rapport van graad 9 kan indien. As jy nie hierdie rapport kan indien nie, sal ons probeer om vir jou te help om te registreer, maar ons kan dit nie waarborg nie.
  • Vakke wat jy wil studeer (ons kan jou help om te besluit).
  • Die distrik waarin jy tans bly.
  • Bewys van woonplek (FICA).
  • 2 kleur-foto’s.

Registrasie Vir ICB, NATED en Ander Kursusse

Besoek Matriek Kollege hier en belsuit watter kursus jy wil studeer. Jy sal daar al die inligting kry wat jy nodig het rakende die spesifieke kursus.

Indien jy aansoek wil doen, kan jy gaan na die onderkant van die bladsy gaan om die aansoekvorm in te vul.

Hoe Om Die Aansoekvorm In Te Vul

Die aansoekvorm in opgestel sodat dit maklik ingevul kan word. Dit vra vir jou naam, van, e-posadres en selfoonnommer. Matriek Kollege verseker dat ons jou inligting privaat sal hou.

Jy kan ook op die aansoekvorm kies in watter taal jy gekontak wil word.

Volgende moet jy die kursus kies waarvoor jy aansoek wil doen. Wanneer jy op die pyltjie klik, sal dit al die opsies vertoon sodat jy nie die kursusnaam self hoef te tik nie.

Die verdere vrae op die vorm sluit jou ouderdom, werkstatus en wie vir jou studies gaan betaal, in.

Outeur: Simone Coetzee
Vertaler: Karla Nortier