Nuwe 2022 Skool Kalender Bekendgemaak

Nuwe 2022 Skool Kalender Bekendgemaak

Angie Motshekga, Minister van die Departement van Basiese Onderwys, het die nuutste kalender vir skole in 2022 bekendgemaak.

Hierdie kalender wys hoe skoolwerk opgedeel sal word oor die verloop van 42 weke. Die kalender geld slegs vir publieke skole.

2022 Skool Datums

Die volgende inligting is bekendgemaak rakende die 2022 skooldatums:

Binnelandse Skole

Die volgende areas word gesien as Binnelandse skool-areas:

  • Vrystaat
  • Gauteng
  • Mpumalanga
  • Noordwes

Die volgende datums is van toepassing op Binnelandse skole:

  • Begindatum: 12 Januarie
  • 199 skooldae oor ‘n tydperk van 42 weke

Kusgroepskole

Die volgende areas word gesien as Kusgroepskole-areas:

  • Oos-Kaap
  • Kwazulu-Natal
  • Noord-Kaap
  • Wes-Kaap

Die volgende datums is van toepassing op Binnelandse skole:

  • Begindatum: 19 Januarie
  • 199 skooldae oor ‘n tydperk van 43 weke

Kwartale Vir 2022

Binnelandse Skole

  • Eerste Kwartaal: 12 Januarie – 17 Maart
  • Tweede Kwartaal: 5 April – 24 Junie
  • Derde Kwartaal: 19 Julie – 30 September
  • Vierde Kwartaal: 11 Oktober – 14 Desember

Kusgroepskole

  • Eerste Kwartaal: 19 Januarie – 25 Maart
  • Tweede Kwartaal: 5 April – 24 Junie
  • Derde Kwartaal: 19 Julie – 30 September
  • Vierde Kwartaal: 11 Oktober – 14 Desember

Jy kan die skool kalender vir 2022 aflaai.

Vir meer nuus rakende studies, besoek ons Matriek Kollege Nuusblad.

Outeur: Karla Nortier