Die Departement van Basiese Onderwys het tot die besluit gekom dat die middeljaar matriekeksamens gekanselleer word.
Wat Jy Moet Weet
Hierdie is gedoen sodat leerders die tyd sal hê om die nodige werk in die kurrikulum te behandel.
Die Minister van Basiese Onderwys, Angie Motshekga, stel dat die plan is om studente vir so lank as moontlik in die klaskamer te hou.
Motshekga noem ook hoe studente nie ‘n Maart-vakansie gehad het nie en dat baie skole besig is om ekstra klasse aan te bied om die nodige werk te behandel.
Daar is ook spanne wat werk daaraan om die Covid-19 infeksiekoers te monitor.
Nuwe Regulasies In Primêre Onderwys
Nuwe regulasies is ook ingestel rakende die Wet Op Rampbestuur. Dit is laasweek aangekondig dat laerskool leerders daagliks skool sal bywoon in Julie.
Sommige van die regulasies se vereistes sluit die volgende in:
- Dat onderwys buite beknopte klaskamers moet plaasvind (indien prakties moontlik).
- Die staking van kontaksporte.
- Alle Covid-19 gesondheidsprotokolle en veiligheidsmaatreëls moet gevolg word.
Vir meer inligting wat verband hou met onderwys, besoek ons Matriek Kollege Nuusblad.
Outeur: Karla Nortier