Volwasse Matriek Besonderhede

Volwasse Matriek Besonderhede

  • Volwasse Matriek gee aan volwassenes oor die ouderdom van 21 die kans om hul matriek sertifikaat te kry.
  • Jy moet 6 vakke kies wat jy kan voltooi oor die verloop van 3 jaar.
  • Daar is geen verskil tussen ‘n matriek sertifikaat en ‘n Volwasse Matriek nie.
  • Jy moet ‘n graad 9 of ekwivalente sertifikaat hê om jou eksamens te skryf.
  • Volwasse Matriek bied baie voordele. Jy kan byvoorbeeld jou studies by ‘n tersiêre onderrig-instansie verder neem.
  • Volwasse Matriek kan deur afstandsonderrig voltooi word deur Matriek Kollege. Matriek Kollege help jou deur elke stap van jou Volwasse Matriek.

Volwasse Matriek, ook bekend as die Gewysigde Nasionale Senior Sertifikaat, is ‘n geleentheid vir mense oor die ouderdom van 21 om hul matriek sertifikaat te kry.

Indien jy kies om Volwasse Matriek te doen, hoef jy nie terug te gaan skool  toe nie. Jy kan jou matriek sertifikaat kry deur afstandsonderrig.

Hier is alles  wat jy moet weet rakende Volwasse Matriek:

  • Hoe werk Volwasse Matriek?
  • Toelatings-vereistes.
  • Hoekom moet ek Volwasse Matriek doen?
  • Kry jou matriek deur middel van afstandsonderrig.
  • Volwasse Matriek met Matriek Kollege.

Hoe Werk Volwasse Matriek?

As jy nie jou matriek sertifikaat kon kry nie, is dit nie te laat nie. Die Gewysigde Nasionale Senior Sertifikaat is ‘n program wat spesifiek vir volwassenes oor die ouderdom van 21 wat nie ‘n matriek kwalifikasie het nie, gemaak is.

Hier is hoe dit werk:

  • Jy doen aansoek vir 6 matriek vakke.
  • Jy voltooi die vakke oor ‘n tydperk van 3 jaar.
  • Jy kry jou matriek sertifikaat.

Daar is geen verskil tussen ‘n matriek sertifikaat wat jy tradisioneel ontvang en ‘n matriek sertifikaat wat jy kry deur Volwasse Matriek nie.

Toelatings-vereistes

Om te kwalifiseer vir jou Volwasse Matriek eksamens word die volgende vereis:

  • Jy moet oor die ouderdom van 21 wees.
  • Jy moet graad 9 of ‘n graad 9-ekwivalente kwalifikasie hê.

Kan Ek Aansoek Doen As Ek 19 Is?

Ja, jy kan aansoek doen vir Volwasse Matriek as jy 19 is. Jy kan egter eers jou eksamens skryf wanneer jy die ouderdom van 21 bereik.

As jy registreer wanneer jy 19 is, moet jy onthou dat jy eers op 21 jou eksamens kan skryf en dat jy ‘n graad 9 of ‘n ekwivalent nodig het.

Hoekom Moet Ek Volwasse Matriek Doen?

As jy ‘n matriek sertifikaat het, sal dit jou toekomstige werksgeleenthede baie bevoordeel.

Jy sal aansoek kan doen by ‘n hoër-onderrig-instansie soos ‘n universiteit of kollege.

As jy jou matriek sertifikaat gekry het, kan dit jou op die volgende maniere bevoordeel:

  • ‘n Beter CV: As jy jou matriek sertifikaat gekry het, kan jy dit op jou CV aanteken. Dit sal jou geloofwaardigheid verhoog en help dat jy meer werksgeleenthede kry.
  • Beter werksgeleenthede: ‘n Matriek sertifikaat sal jou kanse om ‘n werk te kry, verhoog en jy sal ook aan meer werksgeleenthede blootgestel word. Werkgewers is is meer geneig om kandidate aan te stel wanneer hulle ‘n matriek sertifikaat of tersiêre kwalifikasies het.
  • Verdien ‘n goeie salaris: As jy nie ‘n matriek sertifikaat het nie, is die kanse dat jy minder geld sal verdien as wat jy sou indien jy ‘n matriek sertifikaat gehad het. Met ‘n matriek sertifikaat sal jy aansoek kan doen vir werksgeleenthede wat ‘n hoër salaris bied.
  • Werk en studeer: Jy kan jou Volwasse Matriek-kursus voltooi deur middel van afstandsonderrig, wat jou in staat sal stel om terselfdetyd te werk en studeer.
  • Verhoog jou selfvertroue: As jy jou matriek sertifikaat kry, sal jy voel asof jy iets groots bereik het. Dit sal ook vir jou die geleentheid gee om jou studies te bevorder en ‘n werk te kry. Jou selfvertroue sal so aanhou groei.

Kry Jou Matriek Deur Afstandsonderrig

Een van die beste dele van Volwasse Matriek is die feit dat jy nie hoef terug te gaan skool toe nie.

‘n Afstandsonderrig-kursus sal jou die kans gee om van enige plek af te studeer, selfs vanuit die gemak van jou eie huis.

Jy kan ook werk terwyl jy vir jou matriek studeer. So sal jy ‘n inkomste kan verdien terwyl jy studeer en so jou toekoms bou.

Volwasse Matriek Met Matriek Kollege

Matriek Kollege bied vir jou ‘n tweede kans om jou matriek sertifikaat te kry. Matriek Kollege dink aan alles wat ons studente nodig het om hul matriek te voltooi en ons is altyd daar om jou te help wanneer jy nodig het.

Hier is ‘n paar redes waarom jy met Matriek Kollege moet studeer:

  • Ons help jou om die regte vakke te kies wat die beste sal wees vir jou.
  • Ons help jou om ekstra aandag te gee aan die vakke waarin jy moet verbeter.
  • Ons lewer jou studie-materiaal af binne 5-7 werksdae.
  • Ons help jou om vir jou eksamens voor te berei deur studie-materiaal soos oefenvraestelle en studie-gidse.
  • Jou tutor is aanlyn beskikbaar op Whatsapp, via e-pos en oor die foon.

Om met Matriek Kollege te studeer, kan jy ons bel op 012 762 7100 om te praat met een van ons kursus kundiges.

Author: Simoné Coetzee
Vertaler: Karla Nortier