- Jy sal die regte kwalifikasies en vaardighede nodig hê om sukses in jou veld te behaal.
- Netwerking met professionele mense in die besigheid waarin jy belangstel, sal vir jou die kans gee om nuttige inligting te kry en om geleenthede te skep.
- Herinner jouself konstant aan jou drome en pas tydsbestuur toe sodat jy jou doelwitte kan bereik.
- Verbeter jouself deur ‘n gesonde verstand en liggaam te behou.
- Maak seker om jou daaglikse take te voltooi.
- Moenie bang wees as jy op tye misluk nie, gebruik dit eerder as ‘n geleentheid om te leer uit jou foute.
- Leer hoe om verstandelik sterk te wees deur jou emosies te ontleed en verstaan. Hierdie sal dit ook makliker maak om gemotiveerd te bly.
Dit is maklik om sukses te behaal as jy die volgende wenke volg:
- Kry die regte kwalifikasies.
- Gebruik netwerking tot jou voordeel.
- Maak goeie gebruik van jou tyd.
- Werk daaraan om jouself te bevorder.
- Voltooi jou daaglikse take.
- Moenie bang wees vir mislukking nie.
- Leer hoe om verstandelik sterk te wees.
1. Kry Die Regte Kwalifikasies
Een van die belangrikste stappe om te neem as jy jou doelwitte wil bereik, is om die nodige kwalifikasies en ondervinding te kry. Jy moet dus weet watter kursusse om te voltooi.
Dit is belangrik om doelwitte vir jou loopbaan te identifiseer sodat jy kan bepaal watter vaardighede jy nodig het om dit te bereik.
Ondervinding is veral belangrik. Dit is hoekom dit ‘n goeie idee is om ‘n afstandsonderrig-kursus te voltooi.
Dit sal jou toelaat om praktiese werksondervinding te kry terwyl jy studeer.
As die feit dat jy nie matriek voltooi het nie of nie die regte punte gekry het nie, kan jy steeds jou matriek kry. Kyk na Volwasse Matriek of Matriek Opgradering programme wat ons aanbied.
Jy kan ook studeer sonder matriek en so steeds kwalifikasies opbou.
2. Gebruik Netwerking Tot Jou Voordeel
Jy sal meer geleenthede kry as jy jouself omring met mense wat ook passievol is en geïnteresserd is in dieselfde werksveld.
Maak kontak met mense in jou lewe en kyk of jy ondersteuning en dalk raad kan kry.
Jy kan ook praat met professionele mense in die werksveld waarin jy belangstel en vind uit hoe hulle hul posisie bereik het.
Jy kan gebruik maak van netwerking deur webtusites soos LinkedIn.
Hierdie sal vir jou nuttige inligting en raad bied en kan selfs vir jou deure oopmaak in die toekoms.
3. Maak Goeie Gebruik Van Jou Tyd
As jy tans besig is met studies of werk, is dit belangrik om jouself te herinner van die doelwitte wat jy wil bereik.
Tydsbestuur is ‘n baie belangrike aspek wat jou sal help om take te prioritiseer.
Dit sal jou help om genoeg tyd aan jou studies, werk, en die ontwikkeling van die res van jou doelwitte te spandeer.
4. Werk Daaraan Om Jouself Te Bevorder
Een van die grootste aspekte van sukses, is om jou volle potensiaal te bereik. Moenie net fokus op wat jy kan bydra tot die wêreld nie. Jy moet jouself ook bevorder.
Jy kan self-evaluasie toepas om te sien watter vaardighede jy moet verbeter. Daar is baie vlakke waarop jy jouself kan verbeter, byvoorbeeld:
- Laat jouself toe om emosioneel te groei: Gee aandag aan jou emosies en maak seker dat jy werk daaraan om jouself te verstaan.
- Pas gesonde gewoontes toe: Deur aktief te bly, gesond te eet en goeie sosiale verhoudings te behou, sal jou help om jou volle potensiaal te bereik. Klik hier vir meer raad oor gesonde gewoontes.
- Hou jouself gelukkig: Sukses is nie die moeite werd as jy nie jou werk geniet nie. Dit is dus belangrik om jou emosies te evalueer en om te rus wanneer dit nodig is.
5. Voltooi Jou Daaglikse Take
Maak seker dat jy elke dag vir jouself klein doelwitte stel wat jy moet voltooi. Jy kan so groter take opbreek en elke taak mettertyd opbou.
Volg jou skedule en voltooi dit wat jy moet sodat jy nie agter raak met verantwoordelikhede nie, want dit kan jou werk laat ophoop en baie stres veroorsaak.
6. Moenie Bang Wees Vir Mislukking Nie
As jy verantwoordelikhede voltooi en in jou vaardighede glo, sal jy leer dat “mislukkings” eintlik geleenthede is om te leer.
Dit is deel van almal se pad tot sukses en hoe vinniger jy dit as ‘n moontlikheid aanvaar, hoe meer produktief sal jou pad tot sukses wees.
7. Leer Hoe Om Verstandelik Sterk Te Wees
Dit is onsettend belangrik om ‘n positiewe en sterk ingesteldheid te hê. Jy kan meer verstandelik sterk raak deur van die volgende te doen:
- Selfbewusmakings-aktiwiteite: Hierdie aktiwiteite help jou om bewus te raak van jou omstandighede en gevoelens om daarvolgens jouself te verbeter.
- Sien ‘n sielkundige: Sielkundiges kan jou in baie aspekte van jou lewe help om situasies beter te bestuur en jouself te laat groei.
- Bou jou motivering: Maak seker dat jy na motiverende boodskappe luister of boeke lees oor motivering en self-verbetering.
Outeur: Simoné Coetzee
Vertaler: Karla Nortier