- Jy moet LinkedIn gebruik aangesien dit die perfekte manier is om jou netwerk op te bou.
- Daar is talle werksgeleenthede om van te kies.
- Jy sal in kennis gestel word daarvan as daar ‘n werksgeleentheid is waarin jy belangstel.
- LinkedIn gee vir jou die geleentheid om jou professionele profiel te wys.
- Lees oor die nuutste nuus rakende die werksveld waarin jy belangstel.
LinkedIn maak dit soveel makliker om ‘n werk te soek. LinkedIn kan gebruik word om werksgeleenthede te kry en om met professionele mense in jou veld te kommunikeer.
Hier is die redes waarom jy LinkedIn moet gebruik:
- Verbreed jou netwerk.
- Baie werksgeleenthede.
- Persoonlike in kennis stelling.
- Skep jou werksprofiel.
- Loopbaan-gefokusde nuus.
Verbreed Jou Netwerk
LinkedIn is die perfekte plek om jou netwerk te verbreed. Jy kan hierdeur professionele verhoudings bou, kennis kry of selfs ‘n ingangspunt in ‘n besigheid kry.
Om jou netwerk te verbreed, hou baie voordele in. Jy kan met ander mense in die besigheid waarin jy belangstel in kontak kom.
Die geleentheid sou nie so maklik beskikbaar wees as jy nie van LinkedIn gebruik gemaak het nie.
As jy weet van mense wat saam met jou studeer het en moontlik in ‘n werksposisie is waarin jy belangstel, kan jy hulle maklik deur LinkedIn vind en so reeds kontakte begin bou.
Jy kan ook sien watter mense die maatskappy volg en kan dan met hulle in kontak kom. Hierdie sal vir jou ‘n idee gee van die maatskappy se waardes.
Baie Werksgeleenthede
LinkedIn bied ‘n groot aantal werksgeleenthede. Dit het een van die gewildste werwingswebtuistes geraak wat beteken dat daar ‘n groot verskeidenheid opsies is.
Hierdie stel jou in staat om aansoek te doen vir meer as een werk of om presies te kry wat jy wil hê.
‘n Nadeel is egter dat jou kanse om ‘n werk te kry op LinkedIn verlaag omdat daar so baie mense op die platvorm is. Dit is hoekom dit belangrik is om jou profiel uit te laat staan.
Persoonlike In Kennis Stelling
Wanneer jy aanteken, maak LinkedIn jou persoonlike profiel. Dit beteken dat LinkedIn “weet” watter werk jy in belangstel omdat dit van slim tegnologie gebruik maak wat optel wie jy volg en waarin jy belangstel.
Jy sal so in kennis gestel word van nuwe werksgeleenthede wat oopgaan in die veld waarin jy belangstel.
Skep Jou Werksprofiel
LinkedIn gee vir jou die geleentheid om jou professionele werksprofiel te skep.
Dit beteken nie dat jy produkte of dienste moet bied of ‘n entrepreneur moet wees nie. Dit beteken slegs dat jy wil hê mense moet sien waaroor jou beroep gaan.
Hierdie beteken dat jy inligting en nuus rakende jou werk kan oplaai, ‘n tema regdeur jou blad te behou en om jou volgelinge op hoogte te hou van wat besig is om te gebeur in jou werkslewe.
Hier is ‘n paar wenke oor hoe jy jou werksprofiel kan laat uitstaan:
- Maak seker jy voltooi jou profiel.
- Gebruik ‘n professionele foto vir jou profiel.
- Plaas ‘n goeie CV op jou blad.
- Behou interaksie met professionele mense en maatskappye.
- Gebruik industrie-spesifieke terme in jou onderskrif.
- Moenie enige spel- of taalfoute maak nie.
Loopbaan-gefokusde nuus
LinkedIn kan ook gesien word as ‘n sosiale-media platform. Jy sal ‘n tydlyn kry op jou profiel (soos Instagram het).
Die nuusblad is ‘n professionele area waar individue en besighede loopbaan-gefokusde nuus kan deel. Jy kan lees oor die nuutste bemarkingskemas en ‘n werkgewer vrae vra daaroor tydens ‘n onderhoud.
Dit is ook ‘n goeie manier om op datum te bly rakende inligting wat belangrik kan wees vir jou loopbaan.
Outeur: Simone Coetzee
Vertaler: Karla Nortier