4 Redes Waarom Jy ‘n Oorbruggingsjaar Moet Neem

  • ‘n Oorbruggingsjaar sal vir jou jou die kans gee om jou vaardighede te evalueer en verbeter.
  • Met ‘n oorbruggingsjaar kry jy die kans om vas te stel wat jou beroepsdoelwitte is.
  • Jy kan tydens ‘n oorbruggingsjaar geld spaar vir verdere onderwys.
  • Jy kan jou CV opbou tydens ‘n oorbruggingsjaar deur ‘n kort kursus te voltooi.

‘n Oorbruggingsjaar kan baie voordele inhou. Dit bied die tyd om te bou aan jou toekoms en fokus op jou beroepskeuses.

Hier is 4 redes waarom jy ‘n oorbruggingsjaar moet neem:

  1. Evalueer jou vaardighede.
  2. Identifiseer jou beroepsdoelwitte.
  3. Spaar geld vir verdere onderwys.
  4. Maak jou CV.

1. Evalueer Jou Vaardighede

As jy ‘n oorbruggingsjaar neem, sal jy die tyd hê om te kyk na jou verlede prestasies.

Jy sal die kans kry om jou sterk- en swakpunte tydens hoërskool te identifiseer en so kan jy bepaal wat jou sterker vaardighede is en ook hoe om jou vaardighede te verbeter.

‘n Goeie idee is om vaardigheidstapeling te doen. Vaardigheidstapeling is wanneer jy al jou vaardighede saamstel sodat die vaardighede mekaar kan ondersteun.

So kan jy identifiseer watter vaardighede jy nodig het en watter vaardighede jy moet verbeter.

2. Identifiseer Jou Beroepsdoelwitte

Jy kan tydens ‘n oorbruggingsjaar die geleentheid kry om ‘n loopbaanplan op te stel. Dit is belangrik om te weet wat jou doelwitte is aangesien dit vir jou kan help om te bepaal wat jy wil studeer.

Vra vir jouself die volgende vrae:

  • As ek enige werk in die wêreld kon doen, wat sou dit wees?
  • Wat geniet ek die meeste wanneer ek dit doen?
  • Waar sien ek myself in 5 jaar?

3. Spaar geld vir verdere onderwys

Daar is baie maniere waarop jy geld kan maak tydens jou oorbruggingsjaar. As jy geld kan spaar vir jou toekoms, sal jy gemotiveerd voel.

Lees meer hier oor hoe jy ‘n werk kan kry sonder enige ondervinding.

Jy kan ook vir iemand in jou familie of vriendekring vra of jy werk vir of saam met hulle kan doen

4. Maak jou CV

Jy kan tydens jou oorbruggingsjaar talle dinge doen sodat jy jou CV kan opbou.

As jy jou CV opbou, kan jy deelneem aan geleenthede wat sal bydra tot jou CV en so kan jy ook werkgewers beïndruk.

Hier is ‘n paar dinge wat jy kan doen om jou CV op te bou:

  • Studeer ‘n Kort Kurses
  • Vrywilligheidswerk
  • Werkskadu

Studeer ‘n Kort Kursus

Aangesien jy baie vrye tyd gaan hê tydens jou oorbruggingsjaar, kan jy ook ‘n kort kursus of deeltydse kursus neem.

Afstandsonderrig-kursusse kan jou baie bevoordeel omdat jy vanaf enige plek en op jou eie tyd studeer.

‘n Kursus sal vir jou waardevolle vaardighede en kennis leer wat jy dan op jou CV kan sit.

Vrywilligheidswerk

Vrywilligheidswerk sal nie net vir jou die kans gee om ander mense te help nie, maar sal ook vir toekomstige werkgewers laat weet dat jy bereid is om meer te doen as wat verwag word.

Klik hier om die top 10 vrywilligheidswerk-geleenthede in Suid-Afrika te sien. Maak seker om ook verder rond te kyk vir ander geleenthede.

Werkskadu

Wanneer jy werkskadu, sal jy die daaglikse aktiwiteite van ‘n spesifieke werksplek sien.

As jy byvoorbeeld meer wil weet oor bemarking, kan jy ‘n relevante besigheid kontak en vra of jy saam met hulle span kan werk vir ‘n sekere tydperk om te sien wat hulle doen.

So kan jy eerstehands sien hoe die spesifieke werk elke dag aanpak. Jy kan hierdie ook op jou CV sit om vir werkgewers te wys dat jy passievol is oor jou werksveld.

Outeur: Simoné Coetzee
Vertaler: Karla Nortier