3 Maniere Om Die Beste Te Maak Van Jou Matriekjaar

  • Jy kan die beste maak van jou matriekjaar deur die regte studiemetodes te gebruik.
  • Jy moet ‘n goeie balans vind tussen jou studies en jou sosiale lewe deur vooruit te beplan.
  • Beplan jou toekoms deur te besluit wat jy graag wil studeer volgende jaar. Jy kan ‘n toets hieronder doen om vir jou te help besluit.

Om die beste van jou matriekjaar te maak beteken dat jy jou akademiese doelwitte moet bereik en ook die laaste jaar van skool moet geniet. Jy kan hierdie doen deur die regte studiemetodes te gebruik en deur jou skedule goed te beplan.

Hier is 3 aspekte van jou jaar wat jy moet mik om te verber:

  1. Matriek studiewenke.
  2. Balanseer jou studies en sosiale lewe.
  3. Dink oor jou toekoms.

1. Matriek Studiewenke

Om matriek deur te kom is iets wat meeste studente graag wil doen. Dit kan natuurlik moeilik wees op tye, maar dit is moontlik om te doen as jy op datum bly met jou werk en bly fokus.

Almal studeer op verskillende maniere. Dit is belangrik om die regte studiemetode te kry wat die beste vir jou werk rakende jou persoonlikheid, vermoëns en vereistes.

Studiemetodes

Hier is ‘n paar studiewenke wat jou kan help: 

  • Die drie sintuie-metode: Dit kan moeilik wees om ‘n groot hoeveelheid werk te memoriseer. Om net die werk deur te lees is dikwels nie genoeg vir dit om vasgelê te word nie. As jy die werk hardop lees, sal jy terselfdetyd sien, hoor en praat. Deur hierdie drie sintuie te gebruik, sal jy jou werk makliker kan onthou.
  • Die sleutelwoord-metode: Deur sleutelkaarte te maak, kan jy ‘n ingewikkelde stuk werk vergemaklik. Kyk vir woorde in jou handboek wat belangrik lyk en waarvan jy die definisies moet ken. Skryf die term neer op ‘n klein stukkie papier en skryf die definisie agterop die papier sodat jy jouself kan toets.
  • Die breinkaart-metode: As jy iemand is wat prentjies maklik onthou en assosieer met terme, sal breinkaarte baie goed wees vir jou studies. Jy kan so maklik visueel verskillende dele van die werk uitlê en verbind.
  • Die nota-metode: As jy meer geneig is om beter met woorde te werk, kan jy notas maak van jou werk. Verwoord die inligting en laat dit sin maak vir jou.

Kreatiewe Studies

Dit kan soms uitputtend of vervelig wees om te studeer. Dit is dus belangrik om studies op tye meer kreatief te benader sodat dit ‘n taak is wat jy geniet.

Kyk na die volgende maniere waarop jy jou studies kreatief te benader.

  • ‘n Plesierige omgewing: Dit kan voordelig wees as jy elke nou en dan jou studie-area verander. Lees jou voorgeskrewe boek in ‘n park of in jou tuin.
  • Beloon jouself: Na elke hoofstuk kan jy iets doen wat jy geniet, eet iets kleins waarvan jy hou, so maak seker dat jy iets het om na uit te sien.
  • Skryf ‘n rympie: As daar woorde of lyste is wat jy nie kan onthou nie, kan jy ‘n klein rympie maak om jou te help om dit te onthou.
  • Studeer saam: Jy en jou vriende kan saam studeer op naweke of na skool en julle kan selfs ‘n speletjie maak daaruit.

Lees meer hier oor die beste studiewenke.

2. Balanseer Jou Studies En Sosiale Lewe

Dit is belangrik om die regte balans te hê tussen jou akademiese en sosiale lewe.

Aangesien jou matriekjaar baie belangrik is vir jou toekomstige loopbaan, moet jy gewoonlik jou studies bo jou sosiale lewe prioritiseer.

Die beste manier om die perfekte balans te skep, is om vooruit te beplan. Wanneer jy jou studie-skedule maak, moet jy seker maak om ook tyd vir jou sosiale lewe uit te sit.

Nog ‘n goeie manier om meer tyd te spandeer met jou vriende sonder om studie-tyd te verloor, is om studie-groepe te vorm. So kan julle mekaar help met moeilike werk terwyl julle steeds sosiaal bly.

3. Dink Oor Jou Toekoms

Matriek is ‘n jaar vol lewenskeuses. Jy moet besluit wat jy wil doen volgende jaar of wat jy wil studeer.

As jy nie seker is of jy jou studies moet verder neem na skool nie, is hier ‘n paar redes waarom jy dit dalk moet oorweeg:

  • Verhoogde kans om ‘n werk te kry: As jy ‘n kwalifikasie kry, sal jou geloofwaardigheid verhoog en kan help om werksekuriteit te verseker.
  • Meer werksgeleenthede: Na jy ‘n kursus voltooi het, sal jy baie meer werksgeleenthede hê om vanuit te kies.
  • Beter kommunikasie-vaardighede: As jy verder studeer, sal dit jou skryf- en spraakvermoëns verbeter. Dit sal dan ook jou kanse om aangestel te word, verhoog.

Jy kan die studie-toets neem om vir jou te help besluit wat om te studeer.

Outeur: Simoné Coetzee
Vertaler: Karla Nortier