Werkloosheid In Suid-Afrika

Werkloosheid In Suid-Afrika

Volgens die Kwartaallikse Arbeidsmagopname van Statistieke in Suid-Afrika is 1,3 miljoen mense in Suid-Afrika tussen die ouderdomme van 15 en 24 nou al vir langer as een jaar lank werkloos.

Hoekom is hierdie die geval en wat is is die oorsake? Hier is alles wat jy moet weet oor die onlangse nuus rakende werkloosheid  in Suid-Afrika:

  • Lae vlakke van onderrig.
  • Gegradueerde mense wat sukkel.
  • Werkloosheid statistieke.
  • Die effek van COVID-19.
  • Die uitbreiding van digitale media industrieë.
  • Matriek Kollege.

Lae Vlakke Van Onderrig

Die grootste persentasie van werklose mense is die wat nie formele kwalifikasies het nie. Hulle bly dikwels vir langer as ‘n jaar werkloos.

Gegradueerde Mense Wat Sukkel

Alhoewel gegradueerde mense ‘n kleiner persentasie van die werkloosheidsyfer opmaak, is hulle nog steeds deel van die risiko-groep.

Gegradueerde mense sal tipies werkloos bly vir drie tot nege maande na hulle gegradueer het.

Werkloosheid Statistieke

Hier is ‘n opsomming van die werkloosheidsgetalle in Suid-Afrika:

  • Sonder matriek: 581 440
  • Met matriek: 647 680
  • Gegradueerde mense: 12 632
  • Ander tersiêre kwalifikasies: 93 157

Die Effek Van COVID-19

COVID-19 is die hoofoorsaak van die werkloosheid in Suid-Afrika weens die beperkings wat in plek gestel is wat veroorsaak dat besighede toemaak of mense moet afdank.

Weens hierdie effek, is talle mense besig om beroepsveranderinge te maak. Dit kan dalk oorweldigend wees om so ‘n groot deel van jou lewe te moet verander en dit het ook ‘n impak op die industrie.

Die Uitbreiding Van Digitale Media Industrieë

Aangesien daar baie moontlikhede in industrieë soos IT is, is baie mense besig om oor te beweeg na hierdie werksbane.

Volgens ‘n BusinessTech-opname, sê talle mense in die kreatiewe industrie dat hulle veel eerder ‘n digitale werk wil hê.

Jy kan ‘n NATED Besigheidsbestuurkursus in Engels voltooi indien jy belangstel in digitale werk.

Matriek Kollege

Matriek Kollege is ‘n afstandsonderrig-kollege wat aan almal ‘n tweede kans bied vir hul matriek.

Dit is nooit te laat om jou matriek sertifikaat te kry nie. Jy kan met Matriek Kollege jou Volwasse Matriek doen.

Hierdie laat mense oor die ouderdom van 21 ‘n kans kry om hul matriek sertifikaat te kry deur afstandsonderrig.

As jy meer wil uitvind rakende Matriek Kollege, kan jy ons registrasievorm onder aan ons tuisblad invul of ons kontak by 0800 39 00 27.

Jy kan ook hier lees hoe om te registreer by Matriek Kollege.

Outeur: Simoné Coetzee
Vertaler: Karla Nortier