- Matriek Opgradering stel jou in staat om jou matriek uitslae te verbeter.
- Jy hoef nie jou hele matriek jaar te voltooi as jy ‘n Matriek Opgradering doen nie.
- Jy kan by Matriek Kollege registreer vir jou Matriek Opgradering.
- Jy moes jou matriekjaar deurgekom het om ‘n Matriek Opgradering te doen.
- ‘n Matriek Opgradering sal vir jou ‘n kans bied om belangrike vakke te hersien en om toegang beter studie-opsies te kry.
- Jy kan jou oorspronklike uitslae met jou nuwe resultate kombineer.
- ‘n Ander opsie is om jou vraestel te hermerk of hersien.
- Matriek Kollege sal jou help deur elke stap.
‘n Matriek Opgradering bied leerders die geleentheid om hul matriek uitslae te verbeter.
As jy nie tevrede is met jou uitslae nie of as jy hoër punte moet kry om aansoek te doen vir tersiêre studies, is ‘n Matriek Opgradering die opsie vir jou.
Hier is alles wat jy moet weet rakende Matriek Opgradering:
- Wat is ‘n Matriek Opgradering?
- Waar kan ek ‘n Matriek Opgradering doen?
- Toelatingsvereistes.
- Die voordele van ‘n Matriek Opgradering.
- Kombineer jou resultate.
- Ander opsies.
- Matriek Kollege.
Wat Is ‘n Matriek Opgradering?
‘n Matriek Opgradering stel leerders in staat om spesifieke matriek vakke te herskryf in plaas daarvan om jou hele matriek jaar oor te doen.
Jy hoef nie terug te gaan skool to om jou Matriek Opgradering te voltooi nie. As jy twee van jou vakke se punte wil verbeter, kan jy maklik aansoek doen vir ‘n Matriek Opgradering.
Jy kan ook besluit om te verbeter op twee van die vakke wat jy nie geslaag het nie of om eerder twee ander vakke te neem in hul plek wat jy nodig het vir jou studiebaan.
Waar Kan Ek ‘n Matriek Opgradering Doen?
Jy kan registreer vir ‘n Matriek Opgradering by Matriek Kollege. Ons maak die proses maklik en help jou met voorbereiding.
Toelatingsvereistes
As jy aansoek wil doen vir ‘n Matriek Opgradering, moet jy jou matriek jaar deurgekom het.
Jy sal die volgende dokumente nodig hê om aansoek te doen:
- Jou oorspronklike matriek resultate.
- ‘n Gesertifiseerde kopie van jou ID.
- Jou e-pos adres en selfoonnommer.
Die Voordele Van ‘n Matriek Opgradering
As jy besluit om jou matriek op te gradeer, kan dit vir jou baie geleenthede in die toekoms skep. Jy sal byvoorbeeld met verbeterde punte aansoek kan doen by ‘n universiteit.
Hier is ‘n paar van die voordele wat ‘n Matriek Opgradering bied:
- Verbeterde matriek uitslae: Jou matriek sertifikaat is iets wat jou hele lewe lank saam met jou bly. Dit is dus belangrik om te verseker dat jy die beste punte moontlik het.
- Beter studie-opsies: As jy goeie matriek uitslae het, sal jy ‘n beter kans hê om by ‘n universiteit of kollege aanvaar te word. So kan jy ook die kans kry om te werk vir ‘n graad.
- ‘n Kans om te hersien: As die vakke wat jy wil herskryf belangrik is vir die loopbaan wat jy wil volg, is dit ‘n goeie idee om dit weer te hersien tydens jou Matriek Opgradering.
Kombineer Jou Resultate
Wanneer jy jou Matriek Opgradering voltooi, sal jy jou nuwe uitslae moet kombineer met jou oorspronklike resultate.
Jy kan die volgende stappe volg om jou uitslae te kombineer:
- Gaan na die naaste Departement van Onderwys met altwee dokumente van jou eksamen-uitslae.
- Bring jou oorspronklike ID en ‘n gesertifiseerde afskrif saam.
- Bring ook jou bewys van betaling.
Jy kan ook alternatiewelik die volgende doen:
- Registreer hier vir die kombinering van jou uitslae.
- Laai die volgende vorm af en vul die aangehegte dokumente in.
Ander Opsies
As jy nie tevrede is met jou matriek uitslae nie, kan jy ook dink daaraan om jou matriek vraestelle te hermerk of hersien.
Hermerk
As jy jou vraestel laat hermerk, sal die eksamineerder die vraestel van vooraf merk. So sal al jou antwoorde heroorweeg word.
Hersien
Gedurende hersiening sal die eksamineerder slegs seker maak dat al jou vrae gemerk is en dat jou punte reg opgetel is. Die inhoud van jou vraestel sal nie in ag geneem word nie.
Matriek Kollege
Matriek Kollege bied vir jou die geleentheid om ‘n Matriek Opgradering te doen deur middel van afstandsonderrig.
Voordele Van Studies Met Matriek Kollege
Matriek Kollege bied baie voordele:
- Ons lewer jou studie-materiaal af binne 5-7 dae.
- Ons help jou om te studeer vir jou eksamens deur ekstra studie-materiaal soos vorige vraestelle en studiegidse.
- Matriek Kollege het tutors wat beskikbaar is om jou te help met jou studies en om navrae te beantwoord.
Registreer Met Matriek Kollege
Om te registreer by Matriek Kollege, kan jy ons kontak op ons tolvrye nommer: 012 762 7100. Jy kan ook ons registrasie-vorm invul onderaan ons tuisblad.
Outeur: Simone Coetzee
Vertaler: Karla Nortier