- Kritieke vaardighede is noodsaaklik in enige besigheid en word dus hoog geag deur werkgewers.
- Kritieke vaardighede word ook gesien as harde vaardighede wat ‘n noodsaaklike deel is van vaardigheid stapeling.
- Daar is ‘n groot aanvraag in Suid-Afrika vir mense wat kritieke vaardighede het.
- Kritieke vaardighede sal vir jou werksekuriteit bied en vir jou ‘n goeie salaris inhou.
- Jy kan kritieke vaardighede leer met ICB-kursusse.
- Instansies soos Matric College, Skills Academy, Bellview Institute of Distance Learning en Ember Academy bied almal ICB-kursusse aan.
As jy ‘n kritieke vaardigheid aanleer, sal dit jou help om meer werksgeleenthede te kry en ‘n goeie salaris te verdien.
Maak seker dat jy soveel as moontlik weet van kritieke vaardighede en gee so jou loopbaan ‘n hupstoot.
Hier is alles wat jy moet weet rakende kritieke vaardighede:
- Wat is kritieke vaardighede?
- Kritieke vaardighede in Suid-Afrika.
- Voordele van kritieke vaardighede.
- ICB-kwalifikasies.
- Waar om kritieke vaardighede te studeer.
Wat Is Kritieke Vaardighede?
Kritieke vaardighede is vaardigheidsstelle wat in hoë aanvraag is. Werknemers soek graag werknemers wat hierdie vaardighede het aangesien dit noodsaaklik is vir besighede.
Hierdie posisies word ook deeglik betaal.
Kritieke vaardighede word ook gesien as harde vaardighede wat baie belangrik is in vaardigheid stapeling. Hierdie vaardighede word aangeleer vir ‘n spesifieke werksposisie.
Kritieke Vaardighede In Suid-Afrika
Elke land het hul eie aanvraag in terme van werksposisies. In Suid-Afrika is daar baie nuwe moontlike werksgeleenthede wat tans ontwikkel word.
Die pandemie waarin ons onsself bevind, speel ook ‘n groot rol hierin. Dit het byvoorbeeld veroorsaak dat velde soos digitale bemarking begin oorneem.
In teenstelling met nuwe werksgeleenthede is daar werksvelde wat nog altyd in aanvraag was. Hierdie velde sal ook in aanvraag bly omdat dit noodsaaklik is in besighede.
Werksgeleenthede In Suid-Afrika
Hier is ‘n lys van werksgeleenthede in Suid-Afrika wat as kritieke vaardighede gesien word:
- Aansoekontwikkelingsbestuurder
- Adverteringsspesialis
- Aktuaris
- Algemene geneesheer
- Algemene rekenmeester
- Argitek
- Bedrogondersoeker
- Bedryfsingenieur
- Beleggingsadviseur
- Data-wetenskaplike
- Digitale kunstenaar
- Geofisikus
- Geoloog
- Geregistreerde verpleegster
- Hidroloog
- Hoof Inligtingsbeampte
- IKT-sekuriteitspesialis
- IKT-stelselontleder
- Interne ouditeur
- Landbou plaasbestuurder
- Lugvaartkundige ingenieur
- Meganiese ingeneur
- Multimedia-ontwerper
- Netwerkontleder
- Siviele ingenieur
- Sjef
- Vervaardiger
- Webontwikkelaar
Voordele Van Kritieke Vaardighede
Daar is baie voordele wat kritieke vaardighede vir kan jou inhou:
- Werksekuriteit.
- Kry ‘n goeie salaris.
- Verlaagde risiko van werksverlies.
- Meer finansieringsmoontlikhede.
- Verhoogde kans om oorsee te werk.
ICB-kwalifikasies
Die Instituut van Gesertifiseerde Boekhouers (ICB) bied die geleentheid om kursusse te studeer wat jou kritieke vaardighede sal aanleer.
Jy kan van hierdie kursusse studeer sonder ‘n matriek sertifikaat.
Kursusse word in Engels aangebied en elke kursus sal jou toerus met verskillende werk-spesifieke kritieke vaardighede. So kan jy dan jou loopbaan vertak in talle beroepe wat kritieke vaardighede benodig.
Die volgende twee ICB-kursusse kan sonder matriek voltooi word:
ICB bied ook Kantooradministrasie aan wat met ‘n matriek sertifikaat of matriek ekwivalent voltooi kan word.
Waar Om Kritieke Vaardighede Te Studeer
ICB-kursusse kaan by die volgende instansies voltooi word:
Outeur: Simoné Coetzee
Vertaler: Karla Nortier