- As jy wil hê dat jou CV aandag moet trek, moet jy seker maak dat dit heeltemal volledig is.
- Maak seker om ‘n opsomming in te las sodat werkgewers dadelik ‘n idee het van wie jy is.
- Maak gebruik van loopbaan-spesifieke terme wat in die beroep gebruik word om uit te staan.
- Heg addisionele dokumente soos voorbeelde van vorige werksondervinding aan.
- Maak seker dat jy nie spel- of taalfoute in jou CV het nie.
Jou CV is die eerste voorstelling van jou wat jou potensiële werkgewers gaan sien. Jy moet dus seker maak dat jy ‘n duidelike en insiggewende CV saamstel sodat jy die werk sal kry.
Hier is 5 wenke wat jou sal help om die perfekte CV saam te stel:
- Sluit ‘n opsomming in.
- Maak seker dat jou CV volledig is.
- Gebruik sleutelwoorde.
- Heg addisionele dokumente aan.
- Stel spel- en taalfoute reg.
1. Sluit ‘n Opsomming In
‘n CV-opsomming is ‘n kort paragraaf wat jou sterkpunte en ervaring opsom. Dit moet op een van die eerste bladsye van jou CV kom sodat die werkgewer ‘n algehele idee van jou kan kry.
Met die CV-opsomming maak jy eintlik die werkgewer se taak makliker so dit word dikwels waardeer.
Wanneer daar baie CVs inkom kan werkgewers soms oorweldig word deur al die inligting, so dis ‘n goeie idee om belangrike inligting in jou opsomming te sit sodat dit nie gemis word nie.
2. Maak Seker Dat Jou CV Volledig Is
Jy moet die feit dat jou werkgewer jou CV maklik moet kan lees, in ag hou.
Werkgewers verkies dit om soveel as moontlik inligting oor ‘n potensiële kandidaat te hê, so sit soveel as moontlik relevante inligting in jou CV.
Moet egter nie lang en uitgerekte sinne skryf nie. Jy moet soveel as moontlik inligting op die kortste maniere uitdruk.
Hier is ‘n lys van inligting wat jy in jou CV moet sit:
- Persoonlike inligting: Hierdie sluit jou naam en kontakinligting in. Jy moet altyd meer as een manier gee vir werkers om jou te kontak, so gee byvoorbeeld jou selfoonnommer en e-posadres.
- Onderrig: Jy moet jou onderrig-geskiedenis en kwalifikasies in jou CV hê. Hierdie kan die plek waar jy jou sertifikaat, diploma of graad gekry het, insluit. Jy moet ook noem wanneer jy dit gekry het en watter prestasies jy gekry het.
- Werksgeskiedenis: In hierdie afdeling, moet jy jou vorige werke noem en beskryf. Jy moet ook die maatskappy se naam insluit. Dit is ook ‘n goeie idee om kontakinligting van vorige werkgewers in te sit as hulle ‘n verwysing kan gee.
- Belangstellings: Werkgewers wil graag weet wie jy is buiten jou kwalifikasies. Jy kan in hierdie deel van jou CV jouself beskryf deur dit wat jy geniet om te doen te lys. Jy kan ook noem wat jy belangrik vind en wat jou waardes is.
Maak ook seker dat jy weet hoe om jou CV reg uit te lê.
3. Gebruik Sleutelwoorde
CV-sleutelwoorde verwys na die spesifieke woorde wat die maatskappy gebruik het in hul posadvertering. Jy kan byvoorbeeld hierdie inligting kry op webtuistes soos LinkedIn.
Hierdie sleutelwoorde is werk-spesifiek. Dit beteken dat dit terme met die spesifieke industrie verband hou.
‘n Voorbeeld sal wees om terme soos “SEO” te gebruik wanneer jy vir ‘n bemarkingsposisie aansoek doen.
Dit is ‘n goeie idee om hierdie terme te gebruik omdat maatskappye dikwels gebruik maak van webtuistes soos LinkedIn om sulke terme op te soek sodat hulle die regte CVs kry.
Dit kan dus beteken dat jou CV sal uitstaan.
4. Heg Addisionele Dokumente Aan
Dit is altyd ‘n goeie idee om meer te gee vir werkgewers as wat hulle verwag.
Byvoorbeeld, as jy vir ‘n sosiale media-pos aansoek doen, kan jy skakels inheg van sosiale media-veldtogte wat jy in die verlede gedoen het.
So kan hulle ‘n voorbeeld van jou werk sien en dit sal ook wys dat jy toegewyd is.
5. Stel Spel- en Taalfoute Reg
Om ‘n CV in te stuur wat professioneel is, moet jy gebruik maak van goeie taal. Jy kan jou CV vir iemand deurstuur om dit deur te lees en te kyk of jy nie dalk ‘n spelfout of taalfout gemaak het nie.
Die manier waarop jy jou vaardighede en kwalifikasies vertoon, is ook ‘n verteenwoordiging van jou werk.
Outeur: Simoné Coetzee
Vertaler: Karla Nortier