Kry Jou Werksomgewing Gereed Vir Afstandsonderrig

Kry Jou Werksomgewing Gereed Vir Afstandsonderrig

  • Dit is belangrik om vir jouself die regte spasie vir studies te skep wanneer jy afstandsonderrig doen.
  • Maak seker dat jy ‘n lessenaar het met al jou studiemateriaal naby.
  • Moenie op jou bed of op ‘n bank studeer nie.
  • Berei voor vir jou eksamens deur ‘n goeie skedule op te stel en te kyk na studiewenke.
  • Jy kan afstandsonderrig-kursusse voltooi met Matriek Kollege.

Afstandsonderrig is ‘n goeie opsie vir mense wat hulle studies wil bevorder op hul eie tyd. ‘n Belangrike aspek om in ag te neem is die omgewing waarin jy gaan studeer.

Hier is ‘n paar maniere waarop jy jou werkspasie kan voorberei vir jou afstandsonderrig ervaring.

Kies Die Regte Spasie

Dit is goed om vir jouself ‘n omgewing te skep wat afgesluit voel van ander aspekte van jou lewe. Hier is ‘n paar dinge om in gedagte te hou:

  • Sit regop: Dit is ‘n goeie idee om ‘n spasie te hê waar jy regop kan sit as jy studeer. Dit sal jou help om te konsentreer en sal verhoed dat jy onnodige spanning op jou gewrigte plaas. Jou bed is nie ‘n goeie werkspasie nie.
  • Stil omgewing: As jy studeer, is dit goed om so min as moontlik afleidings in jou omgewing te hê. Kies ‘n stil area of luister na klassieke musiek terwyl jy studeer om soveel as moontlik inligting in te neem.
  • Natuurlike beligting: Wanneer jy deur die dag werk, is dit ‘n goeie idee om by ‘n natuurlike ligbron te wees. Stel jou werkstasie op by ‘n venster of gaan lees studiemateriaal buite. Vars lug sal jou ook bevoordeel en jou op en wakker laat voel.
  • Skeiding: Dit is ideaal om ‘n werkspasie te hê wat apart van jou gemaksarea is. Monie studeer op jou bed of op ‘n bank nie, skep ‘n aparte spasie vir jouself. Dit sal jou brein help om onderskeid te tref tussen areas waar jy moet konsentreer en wanneer jy kan ontspan.

Kry Jou Lessenaar Reg

Wanneer jy die regte plek gekies het vir jou studies, kan jy jou lessenaar begin regkry. Hier is ‘n paar wenke:

  • Organiseer al jou studiemateriaal.
  • Maak seker dat jy altyd water naby het.
  • Kry die nodige skryfbehoeftes reg.
  • Sit jou studieplan/skedule waar jy dit kan sien.

Dit is ook ‘n goeie idee om na elke dag se studies jou lessenaar skoon te maak en reg te stel sodat jy die volgende dag vars kan begin.

Wenke Vir Afstandsonderrig Voorbereiding

Alhoewel afstandsonderrig ‘n maklike en goedkoop opsie is, moet jy steeds genoeg tyd in jou studies sit om die beste daaruit te kry. Hier is ‘n paar addisionele wenke vir afstandsonderrig:

  • Stel ‘n goeie skedule op: Aangesien jy in beheer is van jou skedule met afstandsonderrig, moet jy jou tyd goed beplan. Sit genoeg tyd uiteen vir studies en wees streng met jouself om elke dag se take te voltooi.
  • Volg studiewenke: Studiewenke is daar om jou te help om uit te vind hoe jy die beste van jou studies kan maak. Soek rond vir studiewenke en kyk wat die beste vir jou werk.
  • Maak gebruik van ondersteuning: Meeste afstandsonderrig-insansies het tutors wat gereed is om jou te help. Jy kan ook studiegroepe gebruik as ‘n manier om te kommunikeer met studente wat dieselfde studies as jy het.
  • Spaar geld: Aangesien afstandsonderrig beteken dat jy nie ekstra geld op vervoer te spandeer nie en so ook tyd spaar, kan jy dit tot jou voordeel gebruik. Spaar die geld wat jy op vervoer sou gebruik of kry ‘n deeltydse werk.

Lees meer oor hoe om vir jou eksamens voor te berei .

Afstandsonderrig Met Matriek Kollege

Stel jy belang in afstandsonderrig? Kontak Matriek Kollege by 0127 62 71 00 of vul ons registrasievorm onder aan ons tuisblad in en begin bou aan jou toekoms.

Outeur: Karla Nortier