- Ou vraestelle kan jou help om goed voor te berei vir jou eindeksamen.
- Die Departement van Basiese Onderwys het ou vraestelle wat leerders kan voltooi vir oefening.
- Jy kan ou vraestelle kry by Matriek Kollege.
- Jy moet ook egter deur jou eie notas en leermateriaal werk wanneer jy voorberei.
- Jy moet ‘n studieprogram vir jouself opstel en met jou onderwyser praat as jy enige hulp nodig het.
Een van die beste maniere om voor te berei vir jou graad 12-eindeksamen, is deur ou vraestelle te oefen.
Dit sal jou help om te verstaan hoe vrae gevra word, en ook help om te wys waarmee jy sukkel.
Hier is alles wat jy moet weet oor ou eksamen vraestelle:
- Waar kry ek ou vraestelle?
- Kry ou vraestelle met behulp van Matriek Kollege.
- Hoekom moet ek ou vraestelle oefen?
- Is ou vraestelle genoeg leermateriaal?
- Ekstra wenke vir matriekeksamen voorbereiding.
Waar Kry Ek Ou Vraestelle?
Die Departement van Basiese Onderwys het ‘n lys gemaak van ou vraestelle vir leerders om te gebruik:
- 2020 Hersiende Kurrikulum
- Grade 12 Hersiende PATS
- Eksamen-riglyne vir 2020
- Nasionale Kurrikulum-Stellings (NCS)
Ou Vraestelle Met Matriek Kollege
Matriek Kollege is ‘n goeie bron van ou eksamen vraestelle. Jy kan op die webtuiste ou vraestelle kry vir alle vakke asook agtergrond oor die kurrikulum.
Hier is ‘n lys van die spesifieke vraestelle uit die vorige eksamens wat Matriek Kollege bied:
- Huis Taal
- Eerste Addisionele Taal
- Tweede Addisionele Taal
- Besigheid studies
- Dramatiese Kunste
- Elektriese Tegnologie
- Fisiese Wetenskap
- Gasvryheid
- Geografie
- Geskiedenis
- Ingenieursgrafika en ontwerp
- Inligtings Tegnologie
- Landboubestuurspraktyk
- Landbou Tegnologie
- Landbouwetenskappe
- Lewensorientering
- Lewenswetenskappe
- Wiskunde Geletterdheid
- Meganiese Tegnologie
- Musiek
- Ontwerp
- Perdestudie
- Rekenaartoepassing Tegnologie
- Rekeningkunde
- Religie Studies
- Siviele Tegnologie
- Tegniese Wetenskappe
- Tegniese Wiskunde
- Tegniese: Elektriese Tegnologie
- Tegniese: Meganiese Tegnologie
- Tegniese: Siviele Tegnologie
- Toerisme
- Verbruikerstudies
- Visuele Kunste
- Wiskunde
Hoekom Moet Ek Ou Vraestelle Oefen?
As jy ou vraestelle oefen, sal dit jou help om te weet waarmee jy sukkel en kan jy voorberei vir die eksamen. Hier is ‘n paar redes waarom jy vorige vraestelle in jou eksamenvoorbereiding moet gebruik:
- Weet waarmee jy sukkel: Soms is jy nie bewus van die spesifieke onderwerpe waarmee jy sukkel nie. Dit is eers as jy ‘n vorige vraestel doen wat jy die spesifieke vrae sien en bepaal waarmee jy sukkel.
- Oefening: Hoe meer jy oefen, hoe beter sal jou ervaring wees in die eksamen.
- Verstaan hoe vraestelle werk: As jy slegs die leermateriaal bestudeer, sal jy nie altyd wat jy geleer het in die handboeke kan toepas nie, maar wanneer jy vorige vraestelle doen, raak jy gewoond aan die manier waarop vrae geformuleer word.
- Wees voorbereid: Die beste manier om te weet dat jy gereed is vir die eksamen, is om ‘n vorige vraestel in te vul en te kyk hoe jy gedoen het.
- Kyk na die tyd: Soms is dit die beperkte tyd om ‘n eksamen te voltooi wat jou onkant kan vang. As jy dus die vorige vraestelle oefen, kan jy leer hoe om ‘n vraestel in die gegewe tydperk te voltooi.
Is Ou Vraestelle Genoeg Leermateriaal?
Alhoewel ou vraestelle ‘n uitstekende manier is om voor te berei, is dit nie genoeg om effektief voor te berei vir die eksamens nie. Dit is ook belangrik om op jou studiemateriaal en notas te gebruik.
Ekstra Wenke Vir Matriekeksamen Voorbereiding
Hier is ‘n paar wenke vir die effektiewe voorbereiding vir jou matriek eksamen:
- Praat met jou onderwyser.
- Stel ‘n studieprogram op.
Praat Met Jou Onderwyser
As jy enige vrae het oor vraestelle of hulp vir voorbereiding, kan jy met jou onderwysers praat.
Hulle is juis daar om te help met jou studies. Hulle het ook heel waarskynlik verlede vraestelle wat jy kan voltooi.
Stel ‘n Studieprogram Op
As jy van ‘n studieprogram gebruik maak, kan dit jou help om nie ‘n dag voor ‘n toets of eksamen al jou werk in te druk nie.
Wees realisties oor hoeveel tyd jy vir elke vak afstaan. As jy ‘n rooster vir elkeen van jou modules opstel, sal jy jou studievermoëns leer ken.
Dit word dan makliker om te besluit hoeveel tyd jy nodig het vir sekere vakke.
Dit is miskien nie ‘n goeie idee om ‘n hoofstuk van een onderwerp en dan ‘n hoofstuk van ‘n ander onderwerp te bestudeer nie. Sit eerder ‘n dag vir elke vak opsy.
Outeur: Simoné Coetzee
Vertaler: Karla Nortier