Daar is verskillende maniere hoe mense hul Matriek Sertifikaat kan kry wanneer hulle gedruip het. Dis hoe jy dit kan bereik:
Matriek Herskryf
Die Departement van Onderwys noem dit die Tweede Kans program. Deur die program kan jy party van jou vakke oorskryf. Jy kan jou eksamen herskryf wanneer jy:
- Jou punte wil verbeter
- Wanneer jy gedruip het
- Weens omstandighede nie sekere vakke kon skryf nie.
Die Rooster Vir Matriek Herskryf Eksamen
Die eksamens vir Matriek herskryf word elke jaar in Mei en Junie geskryf. Om aansoek te doen moet jy teen die einde van Januarie registreer.
Toelatingsvereistes
- Onder die ouderdom van 21.
- Indien jy die November eksamen gedruip het.
- Indien jy geslaag het, maar wil nog steeds jou punte verbeter.
- Indien jy nie die eksamen kon skryf as gevolg van sekere omstandighede nie.
Waar Kan Ek Aansoek Doen?
- Jou hoërskool
- Distrikskantoor
- Provinsiale kantoor
- Aanlyn
Hoe Werk Dit By Matriek Kollege?
Volg hierdie vier maklike stappe en herskryf jou Matriek:
- Stap 1: Registrasie
- Stap 2: Aflewering
- Stap 3: Voorbereiding
- Stap 4: Eksamen
Stap 1: Registrasie
Ons help jou om vakke te kies wat die beste by jou pas. Ons berei jou ook voor om goed te doen in daardie vakke. Die vakke wat jy die meeste hulp nodig het help ons jou om op te fokus. Jy leer hoe om effektief te studeer.
Stap 2: Aflewering
Ons lewer al jou studie materiaal af sodra jou registrasie suksesvol is. Dit word gedoen op jou tablet, rekenaar of telefoon. Jy kan die volle bedrag betaal. Of jy kan in maandelikse paaiemente betaal. Die keuse is joune.
Sodra jy geregistreer het, kan jy onmiddelik begin studeer, ons verskaf al jou handboeke en studie-notas.
Stap 3: Voorbereiding
Ons sal jou help voorberei vir die eksamen met ons studie materiaal, addisionele studie materiaal wat ons self ontwerp het en ou vraestelle. Ons sal jou ondersteun met tutors wat beskikbaar is aanlyn, per telefoon, op whatsapp en via e-pos.
Stap 4: Eksamen
Ons help you om self vir die eksamen te registreer. Jy moet vroeg registreer sodat jy ‘n lokaal kan kry wat naby jou is. Mense wat op die laaste nippertjie vir die eksamen registreer, sukkeel gewoonlik om ‘n eksamen sitplek te kry.
Waar Kan Ek My Matriek Doen?
Jy kan jou Matriek deur ‘n paar instansies doen. Hier is jou opsies:
- Herhaal jou Matriek by n skool
- Skryf Matriek deur die pos
- Doen jou Matriek deur Matriek Kollege
Herhaal Jou Matriek By ‘n Skool
Doen aansoek by ‘n nuwe skool en herhaal jou Matriek. Dit behoort makliker te wees omdat jy alreeds dit gedoen het. Dis baie belangrik om jouself voor te berei vir die eksamen. Dit is jou kans om aan jouself te bewys dat jy harder as voorheen kan werk.
Skryf Matriek Deur Die Pos
Jy kan jou Matriek deur die pos (koerier) doen, deesdae noem mense dit afstandsonderrig. Baie mense doen hul Matriek deur aanlyn klasse of deur tuisonderrig. Hier is al die inligting:
Aanlyn Klasses/Virtuele Skole
Die ouers kan die tipe klasse fasiliteer, maar dit word deur ervare onderwysers aangebied. Die leerwerk word bestuur deur ‘n gestruktureerde kurrikulum en die leerder leer oor ‘n afstand.
Tuisskolers/Tuisonderrig
Dit is wanneer die ouers van die kind/kinders self verantwoordelikheid neem asook die kind/kinders se vordering, en verskaf self onderrig of kry die hulp van ‘n tutor/tutors.
Voordeele Van Afstandsonderrig
- Dit is gerieflik: Jy is op jou gemak want jy kan van jou huis af leer. Asook enige plek in die land.
- Dis aansienlik goedkoper: In die algemeen kos afsonderingonderrig minder as tradisionele onderrig. Omtrent 50% minder en aangesien jy van die huis af leer spaar jy op studiefooie. Jy betaal nie vir verblyf, reis of nuwe klere nie.
- Jy is in beheer: Die enigste vereistes is selfdissipline en selfmotivering. Dus besluit jy self hoe om jou studietyd te skeduleer en struktureer. Maak net seker dat jy by die algemene riglyne van die instansie hou.
- Jy kan later aansoek doen: Dit beteken dat jy by sekere instansies soos Matriek Kollege enige tyd aansoek kan doen.
- Meer as een module studeer: Afhangend van hoeveel tyd jy het en hoe jou finansies lyk kan jy vir meer as een module registreer.
- Werk en studeer: Jy hoef nie jou werk te los om te studeer nie. Jy kan albei doen.
- Geen ontwriging: Daar is geen studentestakings wat plaasvind nie. Dit beteken dat jy in vrede kan studeer.
- Geen sosiale aktiwiteite: Indien die betrokkenheid van sosiale aktiwiteite op kampus nie so belangrik vir jou is nie, is afsonderingsonderrig die ideale opsie.
- Gestremde studente: Universiteitskampusses is soms nie in alle opsigte toeganglik vir gestremde mense nie en het nie al die nodige hulpmiddels nie. Afsonderingsonderrig is baie meer toeganklik omdat die student van die huis af leer.
- Toelatingsvereistes: Afhangend van die tipe kursus en instansie is die toelatingsvereistes nie so streng nie.
Doen Jou Matriek Deur Matriek Kollege
By Matriek Kollege verstaan ons die probleme wat studente ervaar. Ons help studente om hul Matriek te verwerf of te verbeter. Hier is jou opsies by Matriek Kollege:
- Volwasse Matriek
- Matriek Opgradering
Volwasse Matriek
Volwasse Matriek is vir mense wat nie hul Matriek kon voltooi nie. Dit was voorheen bekend as Gewysigte Nasionale Senior Sertifikaat (ANSC). Die enigste verskil tussen Volwasse Matriek en Tradisionele Matriek is die ouderdom van die student wat dit voltooi. Albei sertifikate word geakkrediteer deur Umalusi.
Toelatingsvereistes
- Jy moet ouer as 21 jaar oud wees maar kan aansoek doen wanneer jy 19 is. (Let wel dat wanneer jy die eksamen skryf moet jy 21 jaar oud wees).
- Graad 9 sertifikaat.
- Graad 9 of n gelykstaande sertifikaat (b.v BOOV NQF Vlak 1 en dit moet uit twee amptelike tale bestaan)
- n onvolledige Matriek Sertifikaat
Matriek Opgradering
As jy ongelukkig is met jou punte of n vak gedruip het kan jy n Matriek opgradering doen. Jy kan selfs ander vakke doen of al jou vakke oor skryf. Umalusi sal jou ou en nuwe punte by mekaar sit en jou die beste punte gee. Matriek Kollege se Hoof verduidelik wat alles ‘n Matriek Opgradering behels op Youtube.
Toelatingsvereistes
- Jy moet 21 wees wanneer jy die eksamen skryf
- ‘n onvolledige Matriek Sertifikaat
- Finale uitslae van Umalusi
- Gesertifiseerde afdruk van jou ID
- E-pos en selfoon nommer
Vereistes Om Matriek Te Slaag
Daar is sekere vereistes om te slaag, hierdie vereistes bepaal of jy aansoek kan doen by ‘n universiteit of Kollege. Hoe hoër jou gemiddelde punt is, hoe beter is jou kanse om by die universiteit van jou drome te wees. Dit is baie belangrik om te onthou dat alle universiteite hul eie toelatingsvereistes het.
Slaagvereistes Vir Hoër Sertifikaat
Met hierdie slaagsyfer kan jy ‘n sertifikaat kursus doen. By Matriek Kollege kan jy ‘n NATED kursus doen wat tot op ‘n diploma vlak gaan. Dit is een vlak laer as ‘n Graad.
Dit Is Hoe Jou Uitslae Moet Lyk:
- 40% vir jou Huistaal
- 40% vir twee ander vakke
- 30% vir drie vak
- Jou skoolgebaseerde assessering word gebruik om jou slaagvlak te evalueer as jy een vak druip.
*Een van jou tale moet Engels of Afrikaans wees om met ‘n hoër sertifikaat te slaag
Slaagvereistes Vir Diploma Studies
Jy kan of ‘n sertifikaat kursus of diploma kursus by ‘n universiteit of kollege doen, afhangend van die universiteit se persoonlike toelaatingsvereistes.
Dit Is Hoe Jou Uitslae Lyk:
- 40% vir jou Huistaal.
- 40% vir drie ander vakke met hoe krediet punt
- 30% vir twee ander vakke
*Een van jou tale moet Engels of Afrikaans wees om met n hoër sertifikaat te slaag
Slaagvereistes Vir Bachelors
Met hierdie slaag vlak kan jy n sertifikaat, diploma of graad kursus doen. Dit is die hoogste slaag vlak. Meeste mense doen ‘n Graad kursus by’ n universiteit. Onthou dat alle universiteite hul eie toelatingsvereistes het.
Dit Is Hoe Jou Uitslae Lyk:
- 40% vir jou Huistaal.
- 40% vir vier ander vakke met ‘n hoë krediet punt
- 30% vir twee ander vakke
- 30% vir jou eerste addisionele taal
Hoër Kredietvakke
- Tale
- Rekeningkunde
- Landbouwetenskap
- Besigheidstudies
- Verbruikerstudies
- Dramatiese Kunste
- Ekonomie
- Ingenieursgrafika en ontwerp
- Geografie
- Geskiedenis
- Inligtingstegnologie
- Lewenswetenskappe
- Wiskunde/Wiskunde Geletterdheid
- Musiek
- Fisiese Wetenskap
- Godsdiensstudies
- Beeldende Kunste
*Alle ander vakke word beskou as laer krediete.
Wat Doen Ek Na Matriek?
Wat jy na Matriek doen hang af van jou Matriekuitslae. Hier is jou opsies by Matriek Kollege
Swak Matriekuitslae? Hier Is Jou Opsies
- Herhaal jou skool jaar
- Hermerk, hersien of bekyk jou vraestelle
- Skryf aanvullende eskamen
- Doen Matriek deur Matriek Kollege
- Doen ‘n Kursus sonder Matriek by Matriek Kollege
Matriek Geslaag? Wat Nou?
By Matriek Kollege het jy ‘n heel paar opsies. Hier is wat jy kan studeer:
Hoe Kry Ek My Matriek Sertifikaat?
Jy kan aansoek doen by die Departement van Basiese Onderwys of by die Departement van Provinsiale Onderwys. Hier is die verskillende redes hoekom mense ‘n vervangende sertifikaat kry:
- Verlore Sertifikaat
- Sertifikaat wat beskadig is
Hoe Om Jou Matriek Sertifikaat Te Vervang
- Die aansoeker moet n vorm aanlyn invul en kan ook aanlyn betaal. Dit vat tussen 6-8 weke om die vervangde sertifikaat te kry.
- Daar is ‘n fooi van R141 wat gebetaal moet word. Die pryse kan verander, dus moet die aansoeker teen alle tye aanlyn kyk of die Departement van Onderwys kontak.
- Aansoek vorms kan ook na die DBO/DPO gepos word. Aansoekers kan ook hul vorms inhandig by hul naaste DBO/DPO
- Aansoekers moet ‘n beëdige verklaring kry wat aandui wat met die sertifikaat gebeur het.
- n Gesertifiseerde afskrif van jou ID.
- Indien jou Matriek Sertifikaat beskadig is moet jy dit saam met die bogenoemde items inhandig.
*Jy kan nie ‘n Matriek Sertifikaat koop nie. As jy gevang word gaan jy ‘n boete betaal en kan selfs tronk toe gaan.
Matriekuitslae
Die Matriekuitslae van 2020 was op die 23 Februarie 2021 vrygestel. Dit is hoe die resultate lyk:
As gevolg van die pandemie was dit baie moeilik. Die resultate het met 5% gedaal. Dit is vanaf 81.3% in 2019 tot 76.2% in 2020.