- Daar is baie studie- en werksgeleenthede vir mense wat nie hul matriek voltooi het nie wat steeds goeie salarisse beid.
- Daar is vier hoofkategorieë van kursusse wat sonder ‘n matriek sertifikaat voltooi kan word met subkursusse onder elk.
- Kursusse wat voltooi kan word om ‘n werk met ‘n goeie salaris te kry sluit Geleentheid-en Troue Beplanning, Educare en Kindersorg, Toerisme- en Gastehuis Bestuur en Skooheid Terapie in.
As jy nie ‘n matriek sertifikaat het nie, hoef jy nie te stres nie. Daar is baie werksgeleenthede met billike salarisse vir mense wat nie hul matriek het nie.
Hier is ‘n paar werke wat jy sonder ‘n matriek sertifikaat kan voltooi wat steeds ‘n goeie salaris sal bied:
- Geleentheid- en Troue Beplanning
- Educare en Kindersorg
- Toerisme- en Gastehuis Bestuur
- Skoonheid Terapie
Geleentheid- En Troue Beplanning
Geleentheidsbeplanners struktureer en koördineer geleenthede. Dit is ‘n baie belangrike loopbaan vir funksies soos troues, vergaderings en galas.
Hulle moet seker maak dat hulle alles doen om die geleentheid ‘n aangename ervaring te maak.
Wat Doen Geleentheidsbeplanners?
Geleentheidsbeplanners struktureer en koördineer geleenthede deur die volgende te doen:
- Kies die regte onthaal.
- Kry spyseniers en organiseer wat bedien gaan word.
- Kry geskikte vermaak.
- Beplan die tema.
- Stel ‘n begroting op.
- Bestuur die logistiek van die geleentheid.
Wat Verdien Geleentheidsbeplanners?
Geleentheidsbeplanners in Suid-Afrika verdien ‘n gemiddelde jaarlikse salaris van R107 129.
Wat Kan Ek Studeer Om ‘n Geleentheidsbeplanner Te Raak?
Jy kan ‘n Geleentheid- en Troue Beplanning-kursus met Matric College voltooi. Hulle bied die volgende kursusse in Engels aan:
Hierdie kursusse kan sonder ‘n matrieksertifikaat voltooi word en het subkursusse waaruit jy kan kies om te sien wat die beste by jou sal pas.
Educare En Kindersorg
In hierdie veld word daar klem gelê op jong kinders se vroeë ontwikkeling. Mense in hierdie veld speel ‘n groot rol in hoe kinders verstandelik grootword.
Wat Doen Mense In Hierdie Veld?
Educare en Kindersorg fokus op die ontwikkeling en onderrig van jong kinders. Mense in hierdie veld sorg vir kinders op die volgende maniere:
- Sielkundige ontwikkeling
- Basiese voedsel en voeding
- Algemene gesondheid en noodhulp
Wat Verdien Mense In Educare?
Die algemene gemiddelde salaris van iemand in Educare in Suid-Afrika is rondom R88 932 per jaar.
Wat Kan Ek Studeer In Hierdie Veld?
Jy kan ‘n Kindersorg-kursus met Matric College voltooi. Hulle bied die volgende kursusse in Engels aan:
- Kindersielkunde – Kort Kursus
- Kindersielkunde – Sertifikaat Kursus
- Kindersielkunde – Omvattende Kursus
- Dagsorg – Kort Kursus
- Dagsorg – Sertifikaat Kursus
- Dagsorg – Omvattende Kursus
- Crèche-bestuur – Kort Kursus
- Crèche-bestuur – Sertifikaat Kursus
- Crèche-bestuur – Omvattende Kursus
Toerisme- en Gastehuis Bestuur
Toerismebestuurders bevorder toerisme in hul streek deur middel van advertensieveldtogte en strategieë. Hulle bied ook hulp aan toeriste.
Wat Doen Mense In Hierdie Veld?
Toerisme en Gastehuis Bestuur hou die volgende verantwoordelikhede in:
- Bestuur toerisme-inligtingsenrtums
- Personeel toesig
- Sake- en kantoorbestuur
Wat Verdien Toerismebestuurders?
Indien jy ‘n diploma het in Toerisme- en Gastehuis Bestuur, kan jy om en by R164 908 per jaar maak.
Wat Kan Ek Studeer In Hierdie Veld?
Jy kan ‘n Toerisme en Gastehuis Bestuur-kursus met Matric College voltooi. Hulle bied die volgende kursusse in Engels aan:
- Toerisme en Gastehuis Bestuur – Kort Kursus
- Toerisme en Gastehuis Bestuur – Sertifikaat Kursus
- Toerisme en Gastehuis Bestuur – Omvattende Kursus
Skoonheid Terapie
Skoonheid Terapie sluit studievelde in wat fokus op verskeie skoonheidstegnieke en versorging.
Wat Doen Skoonheidsterapeute?
Skoonheidsterapeute doen verskeie take afhangend van die veld waarin hulle spesialiseer. Dit kan die volgende insluit:
- Naelsorg
- Salonbestuur
- Skoonheidsterapie
- Grimering
- Velsorg
Wat Verdien Skoonheidsterapeute?
Die gemiddelde salaris van iemand in Skoonheidsterapie in Suid-Afrika is rondom R127 668 per jaar.
Wat Kan Ek Studeer Om ‘n Skoonheidsterapeut Te Raak?
Jy kan ‘n Skoonheid Terapie-kursus met Matric College voltooi. Hulle bied die volgende kursusse in Engels aan:
- Skoonheid Terapie – Kundige Kursus
- Salonbestuur – Kundige Kursus
- Naelsorg – Kort Kursus
- Naelsorg – Sertifikaat Kursus
- Naelsorg – Omvattende Kursus
- Grimering – Kort Kursus
- Grimering – Sertifikaat Kursus
- Grimering – Omvattende Kursus
- Gesig-Velsorg – Kort Kursus
- Gesig-Velsorg – Sertifikaat Kursus
- Gesig-Velsorg – Omvattende Kursus
Om die spesifieke salarisse vir elke sub-afdeling uit te werk, kan jy gebruik maak van Payscale.
Kry Jou Matriek Sertifikaat
As jy wel jou matriek wil kry, kan jy met Matriek Kollege studeer. Jy kan saam met ons ‘n Volwasse Matriek of Matriek Opgradering kursus te voltooi.
Kontak ons by 0127 62 71 00 om met ‘n kursusspesialis te praat.
Outeur: Karla Nortier