Hoe Om Vrae Tydens Onderhoude Te Beantwoord

  • Jy moet elke geleentheid gebruik wat jy tydens ‘n onderhoud kry om oor jou beste vaardighede te praat.
  • Gebruik industrie-spesifieke woorde terwyl jy vrae beantwoord.
  • Die belangrikste ding is om vol selfvertroue te wees, so kan die onderhoudvoerder ook vertrou in jou vaardighede.
  • Wanneer jy gevra word of jy enige vrae het, moet jy seker wees dat jy kwaliteit-vrae vooraf beplan het.

Wanneer jy genooi word vir ‘n onderhoud is dit belangrik om die geleentheid teen volle te gebruik. Jy moet jou beste vaardighede duidelik na vore laat kom.

Hier is ‘n paar slim maniere rakende die beantwoording van vrae tydens onderhoude om seker te maak dat jy die werk kry:

  • Praat oor jou vaardighede.
  • Gebruik industrie-spesifieke woorde.
  • Wees vol selfvertroue.
  • Vra goeie vrae.

Praat Oor Jou Vaardighede

‘n Onderhoud bied jou die kans om jou beste vaardighede te wys. Jy moet egter nie net jou vaardighede noem nie, maar ook voorbeelde daarvan noem of praat van vorige ervarings.

As jy byvoorbeeld wil sê dat jy goeie kommunikasie-vaardighede het, kan jy verwys na ‘n rol wat jy in die verlede gehad het waarvoor jy ‘n goeie kommunikeerder moes wees.

Maak seker om te beplan watter vaardighede en ervarings jy wil noem voor die onderhoud begin.

So sal jy voorbereid genoeg wees om bewyse te gee vir die vaardighede wat jy noem.

Gebruik Industrie-Spesifieke Woorde

‘n Doeltreffende manier om te wys dat jy voorbereid en ernstig oor die geleentheid is, is om industrie-spesifieke taal te gebruik.

As jy byvoorbeeld aansoek gedoen het vir ‘n bemarkingsposisie, kan jy terme soos data-analise en SEO gebruik.

Wees Vol Selfvertroue

Selfvertroue is een van die belangrikste dele in jou onderhoud optrede. Watookal jy sê, moet wys dat jy jouself glo en dat jy vertroud voel in wat jy doen.

As jy kan wys dat jy glo in jou vermoë om iets te doen, sal die persoon wat die onderhoud voer meer geneig wees om ook in jou te glo.

Vra Goeie Vrae

Die kans dat die onderhouvoerder die vloer sal oopmaak vir vrae, is baie groot. Dit klink dalk opsioneel, maar dit is definitief belangrik dat jy wel vrae vra.

Werkgewers wil hê dat jy vrae moet vra omdat dit wys dat jy belangstel in hul besigheid.

Maak dusseker om vrae voor te berei. Dit is altyd ‘n goeie idee om vrae te mik op die spesifieke maatskappy of werksverhoudings.

Lees hier oor hoe om ‘n goeie indruk te maak in ‘n onderhoud.

Outeur: Simoné Coetzee
Vertaler: Karla Nortier