Datum Gepubliseer: 29 Oktober 2020
Om graad R te onderrig, kom met ‘n groot verantwoordelikheid. Graad R onderwysers speel ‘n baie belangrike rol in die ontwikkeling van jong kinders, en om deel van dit te wees, moet jy ‘n begeerte om om te onderrig, te inspireer en om soort invloedryke verandering te skep.
Wat doen ‘n graad R juffrou?
Onderrig
Daar is iets baie bevredigend aan die deel van inligting aan jonger kinders. ‘n Juffrou moet lief wees om onderrig te gee asook liefde hê vir die kinders. Mense raak onderwysers vir verskeie redes.
Sommige gee onderrig omdat hulle ‘n passie het om met kinders te werk, terwyl ander onderrig gee uit besorgdheid oor sommige van die kwessies wat die onderwys stelsel in die gesig staar, en omdat hulle deel wil wees van die oplossing.
Wat ook al jou rede mag mees, jy moet ‘n liefde daarin hê om kinders te onderrig, want al wat ‘n onderwyser kan doen is om die leerders te onderrig.
Inspirasie
Onderwysers moet die vermoë hê om leerders te inspireer om die beste weergawe van hulself te wees. Vir baie kinders is skool ‘n veilige hawe, dit mag selfs ‘n tweede tuiste wees vir ander. Onderwysers moet oor die eienskappe beskik om leerders aan te moedig om hul beste te gee. Onderwysers kan ‘n leerling wat nie belangstel nie, inspireer om betrokke te raak by hul studies.
Onderwysers het die vermoë en vaardighede om studente met ‘n lae selfbeeld aan te moedig om hulself lief te hê en vertroue in hulself te hê.
Verandering
As onderwyser is dit nodig om die begeerte te hê om verandering aan te bring. Onderwysers wat passievol is oor verandering, maak dit hul doel om die gehalte van onderwys vir almal te verbeter.
Hierdie onderwysers is bereid om in skole met hoë behoeftes en in armoedige gemeenskappe te werk, alles in die naam van onderwys.
12 dinge wat suksesvolle onderwysers doen
- Hulle glo in die leerder se potensiaal
- Hulle leer alles wat daar is in hulle veld
- Hulle is pret en vol energie
- Hulle waag kanse
- Hulle is kreatief en dink buite boks
- Hulle is konsekwent en beslissend
- Hulle is altyd op datum
- Hulle kommunikeer
- Hulle luister en het toon empatie oor persoonlike situasies
- Hulle verskaf relevante studie hulpmiddels
- Hulle is oplettend
- Hulle stel doelwitte met hul studente
Dinge wat onderwysers elke dag doen, sonder erkenning
Hier is ‘n lys van verantwoordelikhede waarvoor onderwysers geen erkenning ontvang nie. Hierdie lys was saamgestel deur onderwysers op ‘We are teachers’.
- Ons skep materiaal en soek aanlyn vir innemende lesse
- Ons stel lesse op en analiseer huiswerk
- Ons help ander onderwysers
- Ons lees daaglikse planne deur en organiseer materiaal voor die dag begin
- Ons beantwoord talle ouers se vrae en bekommernisse
- Ons stres oor gestandaardiseerde toetse
- Ons tel vullis op, maak tafels skoon en bêre voorraad
- Ons rits baadjies toe, maak skoene vas, maak houers oop en help ander leerder
- Ons moedig leerders aan
Lees die Engelse artikel hier.
Outeur: Omega Fumba
Vertaler: Michelle Faddel