Wat kan ek met my N6 Educare sertifikaat maak?

Datum Gepubliseer: 28 Oktober 2020

Met jou Nasionale Educare sertifikaat, kan jy ‘n SACE registrasie kry om graad R te onderrig.  SACE staan vir “South African council for Educators”.

Die SACE is ‘n organisasie wat mik om die kwaliteit van onderrig te verbeter deur toepaslike registrasie, bestuur van professionele ontwikkeling en die gebruik van ‘n etiese kode vir alle opvoeders.

Waaroor gaan Educare?

Leer hoe om vir kinders te sorg

Wanneer jy studeer vir ‘n kursus in Educare, sal jy leer hoe om vir jong kinders te sorg.  Tydens jou kursus sal jy ook oor die volgende leer:  

  • Sielkundige ontwikkeling
  • Stimuleer groei deur sang en speel
  • Opvoedkundige sielkunde
  • Voedsel en voeding 
  • Kinder gesondheid

Hulp met hul ontwikkeling

Een van die mees bevredigende dinge van Educare is om ‘n bydrae te lewer tot die ontwikkeling van jong kinders.

Jong kinders gaan deur die lewe met baie nuuskierigheid en onskuld, om in Educare te wees beteken dat jy ‘n baie belangrike rol sal speel om hulle op die regte pad te lei.

Hoe raak ek ‘n graad R juffrou?

Kan ek graad R gee met ‘n Educare Diploma?

Ja, jy kan!  Om te kwalifiseer vir ‘n SACE registrasie om graad R te leer, moet jy ‘n Educare Nasionale Diploma (N6) kwalifikasie  hê.

Graad R onderwyser salaris

Soos per indeed.com, ‘n aanlyn werksgeleenthede soek enjin, is die gemiddelde salaris vir ‘n graad R onderwyser R7 411 per maand.

Die salaris beramings is gebaseer op 43 salarisse wat anoniem deur graad R onderwysers aan “indeed” voorgelê is.  “Indeed.com” versamel ook die afgelope 36 maande se inligting uit vorige en huidige posadvertensies op Indeed.

Leer die Engelse artikel hier

Outeur: Omega Fumba 
Vertaler:  Michelle Faddel