Opgradeer jou matriek punte

Datum Gepubliseer: 27 Januarie 2021

Hier is ‘n stap-vir-stap gids hoe om ‘n matriek opgradering te kry:    

  • Jy moet ouer as 21 jaar oud wees
  • Wees seker jy het al die nodige dokumentasie
  • Registreer vir jou matriek opgradering by Matriek Kollege
  • Kies die vakke wat se punte jy wil verbeter
  • Begin voor berei vir jou eksamens
  • Skryf jou eksamens – wees seker om betyds by die eksamen lokaal te wees
  • Ontspan na jou eksamens

‘n Matriek opgradering is die perfekste oplossing vir vorige matriek leerlinge wat hulle punte wil verbeter.

Matriek Opgradering

‘n Matriek Opgradering kan baie handig wees, indien jy jou punte wil verbeter om toegang tot ‘n universiteit te kry.  

Met ‘n matriek opgradering , hoef jy nie al jou vakke oor te skryf nie, jy hoef net te fokus op die wat se punte jy wil verbeter.  Jy sal krediete kry vir die vakke wat jy alreeds geslaag het.

Hoe kwalifiseer ek vir ‘n Matriek Opgradering?

Om te kwalifiseer vir ‘n matriek opgradering, het jy die volgende nodig:

  • Vorige Matriek uitslae
  • ‘n Gesertifiseerde afskrif van jou ID Dokument
  • Selfoonnommer en epos adres
  • Jy moet ouer as 21 wees wanneer jy die eksamen skryf

Wat maak ek, as ek nie matriek geslaag het nie?

Dit is nie die einde van die wêreld indien jy nie matriek geslaag het nie.  Matriek Kollege bied ‘n verskeidenheid van opsies aan.  Ons het opsies soos Volwasse matriek tot studeer sonder ‘n matriek sertifikaat. 

Klik hier vir meer inligting, indien jy nie jou matriek geslaag het nie.

Outeur: Omega Fumba 
Vertaler:  Michelle Faddel